×

Waitrose se Kersadvertensie volg ’n klein rooiborsie se lang pad huis toe

Dis oukei om te huil
waitrose

Verskoon ons asseblief hierdie een keer dat ’n Kersadvertensie oor ’n rooiborsie ons in emosionele wrakke verander.

’n Rukkie gelede is Waitrose se Kersadvertensie vir 2016 die eerste keer uitgesaai. En anders as John Lewis het hulle ’n tranetrekker gemaak.

Hul video volg ’n klein rooiborsie se lang, lang pad huis toe, waar ’n kind ’n bord vrugtetertjies uitsit in afwagting op die voëltjie se koms. Die reis is verskriklik. Die rooiborsie word deur ’n muishond agtervolg, deur ’n valk bestorm en verdrink amper in die see.

Daar is ’n oomblik wanneer die rooiborsie van die grond af opgetel en in ’n boks gesit word, en vir ’n oomblik het ons regtig gedink Waitrose wys vir ons ’n dooie voëltjie.

En dan, eindelik, wanneer die rooiborsie dit tot by die huis maak, is dit tyd vir die emosionele kinkel in die intrige: Die rooiborsie vlieg nie net huis toe vir ’n vrugtepasteitjie nie; hy vlieg terug sodat hy die pasteitjie met nog ’n klein rooiborsie kan deel.

En dis waar ons dit heeltemal verloor het. Regte trane, mense. Oor twee rooiborsies wat ’n pasteitjie eet.

Die hutsmerk aan die einde van die advertensie is #HomeForChristmas, wat nogal ’n slim emosionele hoek is. Hulle katrol jou in met ’n oulike voëltjie en slaan jou dan met die emosies en skuldgevoel om te dink aan die laaste keer wanneer jy terug huis toe was om jou ma te sien. Skelm.

In elkgeval, ons dink hierdie advertensie wen in die advertensiekategorie met ’n dieretema. M&S wen steeds in die advertensie met mense as karakters.

via: Good Housekeeping UK

Lees nog:

Tog te oulike Heinz-advertensie

Kyk hierdie roerende Kersfeesadvertensie

Briljante Barbie-advertensie!

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Wat om vir jou somervakansie te pak

Van ’n luilekker strandvakansie tot ’n avontuurlustige kampwegbreek, dís wat jy vir jou somervakansie moet inpak

Close