×
Skakel na Engels

Waarom sommige baadjiesakke toegewerk is

Een van die modebedryf se klein geheimpies onthul!
baadjiesakke

Het jy al ooit daai pynlik verwarrende oomblik ervaar wanneer jy jou splinternuwe baadjie aanhet en probeer om jou hand in jou baadjiesak te steek, en wel, jy kan nie? Daar is ’n rede waarom sommige baadjiesakke toegewerk is en waarom jy nie altyd moet probeer om hulle oop te maak nie.

Would you wear an all white suit? 😍 Get your made-to-measure suit with link in @sumissura bio

A post shared by Sumissura (@sumissura) on

Terwyl mansklere oënskynlik eindelose sakke vir hul sleutels, beursies en tientalle ander voorwerpe het, is ons vroue nie so gelukkig nie. Die rede vir daardie toegewerkte sakke op baie vrouebaadjies is sodat ons klere hul vorm behou en nie bonkig lyk nie, maar netjies pas. En dis belangrik dat jy sommige van hierdie sakke nie moet probeer oopmaak nie.

Lees: 5 klerekeuses wat jou ouer laat lyk

Die soort steek waarmee die sak toegewerk is, sal jou ’n aanduiding van die ontwerper se doel daarmee gee. Indien die sak bloot liggies toegeryg is, behoort jy dit te kan oopmaak en as ’n funksionerende sak te gebruik. As dit egter stewig vasgewerk is, is dit moontlik slegs ter wille van styl aangebring.

Ons betaal duur vir vleiende, netjies gesnyde baadjies en sommige modefundi’s redeneer dat ons dit nie ter wille van funksionaliteit moet inboet nie. Daar is immers ’n rede waarom ons handsakke het.

Gedurende die vervaardigingsproses maak toegewerkte sakke dat die kledingstuk sy vorm in die laaste fase van vervaardiging behou en mooi lyk wanneer dit aan ’n winkelpop uitgestal word. ’n Toegewerkte sak waarborg ook dat jy nie ’n baadjie koop net om te ontdek dat die persoon wat dit voor jou aangepas het, ’n onaangename verrassing soos ’n gebruikte snesie in die sak gelos het nie!

Ons is egter nie heeltemal oortuig nie. Is jy? Sakke is superhandig, selfs al maak hulle soms ’n bultjie.

FOTO: Spree.co.za

LEES OOK:

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
5 klerekeuses wat jou ouer laat lyk

Só kan jy op enige ouderdom jonk en sjiek lyk

Close