×
Skakel na Engels

Hoekom jy liefs nie jou foon oornag moet laai nie

Vir die meeste van ons is dit só deel van ons slaaptydritueel – foon inprop, alarm stel, ligte af – dat ons nie kan dink om dit nié te doen nie
laai

Selfone bevat herlaaibare litiumioonbatterye wat vinniger as tradisionele batterye laai. Dit behoort nie langer as ’n uur te neem om 100% gelaai te wees nie. Maar soos ons almal weet, hou ons batterye nie baie lank nie – die meeste van ons is gelukkig as ons deur ’n dag kom sonder dat ons battery ons in die steek laat. Een van die redes hiervoor is dat die batterye taamlik klein is en nie veel kapasiteit het nie. Die ander sondaar is die feit dat ons ons fone konstant gebruik. 

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog.

Dit is waarskynlik waarom die meeste mense hulle foon oornag laat laai – jy word wakker met ’n volgelaaide foon, gereed vir die dag.

Maar kenners waarsku dat dit nie ’n goeie idee is nie. En anders as wat ’n mens sou dink, is dit nie omdat die battery oorlaai word nie, maar omdat die battery oor ’n verlengde tyd bietjies-bietjies gelaai word. Batterymaatskappye sê dat wanneer jy jou foon laat aanhou laai nadat dit 100% bereik het, die battery ’n “sypellading” ontvang om hierdie kapasiteit te behou, en dié konstante aan-af-stroom kan die battery onder spanning plaas, volgens Battery University

Verder begin ’n battery reeds vanaf die eerste gebruik versleg. Hoewel dit dus onafwendbaar is dat jou battery uiteindelik van sy kraghoudende kapasiteit gaan verloor, word hierdie proses aansienlik versnel wanneer ’n foon te lank aan ’n laaier gekoppel bly.

Nou hoe en wanneer behoort ek my foon te laai?

Sommige kenners sê dat jou battery nooit heeltemal mag pap wees voordat jy dit laai nie. Herlaai jou battery eerder wanneer dit 30% tot 40% bereik, en dan slegs tot die battery vol is. Probeer ook hierdie 6 wenke om jou slimfoon se batterylewe te verleng.

 

LEES OOK:

Wat jy moet doen as jou foonskerm beskadig is

Moenie dat die skelms jou met ’n “gemiste oproep” uitvang nie

5 goed om te doen voordat jy vir jou kind ’n slimfoon gee

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Die versekering wat jy regtig nodig het (en dié wat nie so noodsaaklik is nie)

Krap jy kop oor polisse? Met ons gids hoef jy nooit vir dekking te betaal wat jy nie nodig het...

Close