×
Skakel na Engels

Waarom groentee ’n plek in jou badkamerkassie moet hê

Dis nie net vir drink nie!
groentee

Ons weet dat groentee reeds eeue lank vir die behandeling van allerhande siektetoestande gebruik word, en ons weet dis gesond om te drink. Wat baie mense nié weet nie, is dat ons liggaam dit ook van buite kan opneem.

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog.

Jy kan groentee gebruik om jou vel en hare te suiwer, jou vel se balans te herstel, aknee te verminder en selfs die mees sensitiewe vel te diepreinig. Hier is ’n paar produkte wat jou sal help om hierdie wonderlike, vars bestanddeel by jou velsorg- en haarsorgroetine in te sluit. Maak jou gereed om op jou beste te voel en lyk!

Garnier Ultimate Blends The Shine Revitaliser Shampoo

Is jou hare dof en leweloos? Groentee, wat oor wonderlike verhelderende eienskappe beskik, sal jou hare se toestand verbeter en lewenskragtigheid herstel. 

Konjacu Green Tea Facial Sponge

Waarom ’n gewone sponsie gebruik terwyl jy een kan kies wat groentee propvol antioksidante bevat? Dit werk uitstekend vir verstopte porieë en voorkom die opbou van onsuiwerhede. 

Lees ook: Klink ’n koppie op jou gesondheid

Johnson’s Vita-Rich Firming Body Oil

Hierdie weefselolie is relatief nuut op die toneel, maar geniet reeds ’n groot aanhang danksy die olie se voedende en verfermende eienskappe. Dit voel goed, ruik goed en laat jou boonop goed lyk. 

Garnier SkinActive Moisture Bomb Tissue Mask

Hierdie masker is ideaal vir ’n kombinasievel aangesien dit droë areas bevogtig en terselfdertyd die skynsel op olierige areas beveg. Dit bevat groentee en hialuroonsuur om die vel se balans te herstel. 

Listerine Green Tea Mouthwash

Groentee is bekende suiweringsmiddel, wat dit ’n wonderlike aanvulling vir mondspoelmiddel maak. Met die kombinasie van fluoried en groentee-ekstrak sal jy die dag met ’n ekstra skoon mond en vars asem ingaan. 

Lees ook: Skoonheidsgeheime van oor die wêreld heen

The Body Shop Japanese Matcha Tea Pollution Clearing Mask

Matcha, ’n gewilde groenteepoeier, is propvol suiwerende eienskappe. Hierdie strelende masker verwyder die vuiligheid van besoedeling wat tot onsuiwerhede kan lei. 

Timeless Truth Pore Minimizing Green Tea Serum

As jy van tyd tot tyd onder aknee of vergrote porieë deurloop, gaan hierdie serum ’n treffer wees. Dit verklein porieë sodat die vel egaliger en stralender vertoon. 

Elizabeth Arden Green Tea Scent Spray

Die vars geur van groentee verrig nie net wondere vir jou vel en hare nie – dit is ook ’n lieflike somergeur. Hierdie een is ’n beproefde gunsteling. 

FOTO: iStock/4kodiak

LEES OOK:

Hoeveel kafeïene bevat dit?

3 van die beste koppies tee

Hoeveel tee behoort ons eintlik te drink?

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
SA skooldogter se rooibostoets help diabetiese honde

Hierdie toets het uitsonderlike bevindings opgelewer

Close