×
Skakel na Engels

Waar om die ongelooflikste melkskommels in SA te kry

Monstermelkskommels is die nuutste gier in die smulpaapwêreld, en ons het ’n lys saamgestel van die beste plekke om een van hierdie watertandlekker skeppings te gaan proe
melkskommels

The Guardian het na hierdie vreeslike melkskommels verwys as “ ’n monsteragtige mengelmoes van ’n drankie en poeding”. “Freakshakes.” Monstermelkskommels. “Delicious montsters.” Noem dit wat jy wil, maar hierdie bobaas-melkskommels het kinders en grootmense oral in rep en roer. Baie plaaslike restaurante volg die internasionale melkskommeltendens en die “vyf beroemdes” – sjokolade, aarbei, borrelgom, vanielje en lemmetjie – word aangevul deur ’n eindelose lys romerige skeppings met geure soos gesoute karamel, spookasem, suurlemoen-meringue-tert en koekies-en-room. 

Hier is ons lys van melkskommelplekke wat jy móét besoek: 

JOHANNESBURG 

1. Craft, Parkhurst 

Hulle het te veel ongelooflike lekker melkskommels om van te kies, soos die Candy Carnival – dit kom met lekkergoed, spookasem, knalballetjies én strooisels!

2. XO Patisserie, Melville 

Hulle “cronut”-melkskommel is ’n bederf wat jy nie moet misloop nie!

 

A photo posted by X&O Patisserie (@xo_patisserie) on

3. Walnut Grove, Sandton 

Walnut Grove bied ’n verskeidenheid retro-melkskommels (soos die aarbeiskommel hier onder), asook gourmet-melkskommels en “crazy cake shakes”. Die Black Velvet Oreo-melkskommel klink absoluut verspot – op die beste manier moontlik, natuurlik. 

 

A photo posted by @depicted_decadents on

 

KAAPSTAD

4. Gibson’s, V&A Waterfront

Dié bekende burger-eetplek het meer as 100 geurkombinasies (sterkte vir wanneer jy een moet kies!) en jogurtskommels as ’n gesonder opsie. 

5. RocoMamas, Durbanville, Okavango en Groenpunt

Candylicious, Peanutology, Slow Death By Chocolate … net die sê van die name laat ons mond water! Nog ’n gewilde plek vir ’n burger-en-melkskommel-kombinasie. 

 

A photo posted by RocoMamas® (@rocomamas) on

6. My Sugar, Seepunt 

Die sjokolademakers by hierdie klein kafee skep meesterstuk-melkskommels wat amper te mooi is om te drink – amper!

 

A photo posted by My Sugar (@mysugar_capetown) on

 

DURBAN 

7. Boiler Room Café, Morningside 

’n Funky eetplek vir gedurende die dag met ’n paar klassieke gourmet-melkskommels. Die Boris Becker (sien foto hier onder) is baie gewild – dit word met Tennis-beskuitjies en Duitse gemmerkoek gegeur en met ’n helder oranje meringue afgerond.

 

A photo posted by Gina Neilson (@boiler_room_cafe) on

8. Four15, Durban-Noord
Hierdie lewendige Mexikaanse plek het ’n paar ongelooflike lekker nageregdrankies, soos die geroosterde-s’mores-skommel (sien foto hier onder), die sjokolade-ment-brownie-skommel en die geroosterde-klapper-skommel.

 

A photo posted by Four15 (@four15burritos) on

 

PRETORIA

9. Burger Bistro, verskeie takke

Die Burger Bistro is ’n moet op enige melkskommelliefhebber se emmerskoplys! Hulle het verskillende kategorieë, soos “not-boring”, “fruity” en “adventurous”, en hul geure wissel van waatlemoen tot spookasem en crème brûlée.  

 

A photo posted by Burger Bistro (@burger_bistro) on

10. Ed’s Diner, Moreletapark

Hierdie retro-styl-eetplek bied ’n verskeidenheid van outydse melkskommels soos aarbei en borrelgom, maar dis hul spesialiteitskommels wat ons stem kry. Die Peanut Crunch- en Bar-One-skommels is beslis op ons lys van wat ons moet proe.  

Kyk na EatOut se lys van nog melkskommelplekke in SA.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief