×
Skakel na Engels

Vyf modekopies onder R400 vir Vadersdag

Ons het iets vir almal!
Vadersdag

Dis weer daardie tyd van die jaar – tyd om Pa te bederf! Hier is vyf fantastiese klere-winskopies wat nie jou begroting sal blaas nie.

1. Vir die werkende pa

Hierdie klassieke poeierblou toeknoophemp is ’n veelsydige item wat ideaal vir die kantoor of informele naweekdrag is. Koop hierdie Basicthread-hemp of iets soortgelyks hier by Superbalist. Prys: R379

Superbalist.com

2. Vir die prettige pa

Laat jou pa hierdie Sondag glimlag met dié “Dad²”-T-hemp. Dis lekker laf en prettig! Koop hierdie T-hemp of iets soortgelyks hier by Takealot. Prys: R210

Takealot.com

3. Vir die informele pa

Elke man het ’n klassieke chino-broek in ’n regaf snit nodig. Hierdie een het boonop ’n goeie prys! Koop hierdie Basicthread-broek of iets soortgelyks hier by Superbalist. Prys: R349

Superbalist.com

4. Slaapdrag vir jou pa

Elke pa het lekker snoesige pajamas vir die winter nodig. Hierdie informele, klassieke pajamabroek is net die ding. Koop hierdie broek of iets soortgelyks hier by Woolworths. Prys: Vanaf R250

woolworths.co.za

5. Vir die aktiewe pa

As jou pa graag gim toe gaan of van buitelugaktiwiteite hou, is ’n paar sokkies van goeie gehalte ’n goeie kopie. Koop hierdie sokkies of iets soortgelyks hier by Zando. Prys: R119

Zando.co.za

Kliek hier vir nog Goeie Huishouding-mode of besoek ons Instagram-blad vir daaglikse plasings oor die uitrusting van die dag @Goodhousekeepingsa

FOTO: iStock/DragonImages

LEES OOK:

19 Vadersdaggeskenke vir minder as R300 elk

8 idees vir Vadersdaguitstappies

Vadersdaggeskenke vir elke begroting

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
19 Vadersdaggeskenke vir minder as R300 elk

Maak jou pa se dag

Close