×
Skakel na Engels

Vyf maniere om jouself somergereed te maak

Selfliefde is die maklikste manier om dit te doen!
somergereed

Met die dae wat al hoe langer raak, het baie mense hul baadjies en truie begin uittrek, weer begin gim toe gaan en salonbehandelings bespreek. Alles ter voorbereiding van die somer. Omdat seisoensveranderinge oorweldigend kan voel, het ons ’n vinnige doenlysie saamgestel sodat jy beste somer van jou lewe kan hê!

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog. 

1. Organiseer jou klerekas

Om deur jou klere te gaan en te besluit wat gehou en wat weggegee moet word, is ’n moet vir elke nuwe seisoen. Haal al jou warm en swaar klere soos baadjies en jasse uit en gaan haal jou rokke en kortbroeke. Bêre jou wintersklere op ’n ander plek sodat jy meer georganiseerd kan voel.

2. Gaan vir ’n gesigbehandeling

Deel van jou somervoorbereidings is om goed oor jouself – en jou vel – te voel. Besoek ’n spa vir ’n ontspannende en verfrissende gesigbehandeling. 

As jy in Kaapstad is, probeer die Life Day Spa by die V&A Waterfront en bederf jouself met die Optiphi Indulgent Facial wat in jou gesig se behoeftes voorsien. Hierdie spesifieke behandeling vertroetel jou vel deur aktiewe bestanddele te gebruik wat die skoonheidsterapeut sorgvuldig uitgesoek het om by jou vel te pas.

Lees ook: Jou gids tot ongewenste gesighare

3. Belê in fantastiese naels!

Neem jou naels salon toe en ontspan terwyl ’n terapeut jou hande en voete pamperlang! Dis nou tyd dat jou naels uit hul winterslaap kom om hul flikkers met ’n verskeidenheid somergepaste kleure te gooi.

Sorbet, wat landwyd takke het, is ’n wonderlike eenstopsalon vir alle skoonheidsverwante behandelings en produkte. Met ’n verskeidenheid behandelingstye en aanbiedinge kan jy ’n basiese manikuur kies wat die essensiële “file, buff and paint” behels of jouself behoorlik bederf deur die “real deal, exfoliation, massage & all” te geniet. Dis jou keuse.

4. Begin stap

Noudat dit al hoe later donker word, is daar meer tyd om ná werk saam met jou geliefde en/of kinders te gaan stap. Dit hoef nie ’n intense oefensessie te wees nie – net 30 minute se stap sal jou fisieke en geestesgesondheid die wêreld se goed doen. Verder sal dit almal uit die huis kry en kan julle ’n bietjie gesinstyd geniet.

5. Vergeet van ’n “bikini-lyf”

Aan die begin van die somer word ons gewoonlik toegegooi onder advertensies wat die geheim tot ’n volmaakte “bikini-lyf” belowe. Steur jou nie daaraan nie en wees lief vir jou lyf deur positiewe notas te skryf en dit oral in die huis op te plak. 

Sodoende sal jy beter oor jouself voel en op die ou end sommer meer aktief wees. Enige iemand lus vir vlugbal op die strand? Buitendien, die maklikste manier om in ’n bikini te kom is om een te koop en aan te trek. Daar het jy dit!

FOTO: iStock/jeffbergen

LEES OOK:

Hou dié somer die perfekte skemerkelkie-aand

Die voordele van 20 minute se vroegoggend-oefening

Drie maniere om jou naels te versterk

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Wonderlike wenke om jou delikate wol-items splinternuut te laat lyk

’n Gehalte-woltrui bly ’n luukse en gemaklike staatmaker-kledingstuk

Close