×
Skakel na Engels

Vroue wil voorbereid wees. #JustInCase

Wetenskaplike feit: Vroue het ’n aangebore vermoë om voorbereid te wees.

Die vereistes van die moderne samelewing beteken dat daar werklike druk is op vroue, wat na raming 70% tot 80% van huishoudelike koopbesluite neem terwyl hulle ook vriende, familie en hul beroep het om na om te sien. Dit is hoekom vroue daarvan hou om voorbereid te wees vir daardie “net ingeval”-situasies sodat hulle aan die eise van hul besige wêreld kan voldoen.

Hoe ons dink:

Vroue se brein is struktureel vir tussenskakeling ontwerp, wat hulle in staat stel om verskeie vaardighede baas te raak – en veelvuldige gebeurlikhede te oorweeg. Navorsing dui daarop dat vroue meer inpak as wat hulle nodig het wanneer hulle met vakansie gaan, en 79% van deelnemers het gesê die rede daarvoor is “net ingeval”.

Hoe ons aan eise voldoen:

Ons vroue dra amper alles wat ons moontlik nodig kan hê saam met ons, net ingeval. Ons dink dikwels daaraan om 15 minute vroeër te vertrek, net ingeval daar verkeer is. Die waarheid is dat ons graag voorbereid vir enige moontlike situasie wil wees, en ons is so “bedraad” om dit te kan doen. Ons brein maak nimmereindigende lysies om seker te maak ons vergeet niks nie.

Hoe ons voel:

Altesaam 90% van vroue wat aan ’n opname van 1st for Women deelgeneem het, het gevoel dat hul rol in die wêreld besig is om te verander. Moderne vroue het dikwels nodig om meer as een ding op ’n slag te doen as hulle wil presteer, en soms net as hulle alles gedoen wil kry wat hulle moet by die werk, huis en wanneer hulle “speel”. Ons kry dit reg omdat ons ’n talent het om aan al die eise van die wêreld te voldoen – omdat ons voorbereid is.

1st for Women glo die eerste stap tot jou beste self is om voorbereid te wees. #JustInCase

As dit jou laat floreer wanneer jy altyd voorbereid is, net ingeval, kry 1st for Women se Guardian Angel Lifestyle Assistance. Hetsy jy nou petrol, hulp met ’n pap wiel of veilige geselskap nodig het terwyl jy langs die pad gestrand staan, hul Guardian Angels sal daar wees om te help. 

 

Neem deel aan die opname vir ’n kans om R15 000 kontant te WEN:

 

*Hierdie inhoud word deur 1st for Women aan jou gebring.
*Gemagtigde FDV 15261. Bepalings en voorwaardes geld.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
SA sjef Chantel Dartnall word as die beste vrouesjef in die wêreld aangewys

Jy maak ons so trots, Chantel!

Close