×
Skakel na Engels

Voorkom só ’n hartaanval

Die oorgrote meerderheid hartaanvalle kan voorkom word. Red só jou eie lewe

Enigeen kan ’n hartkwaal ontwikkel, maar gelukkig kan jy dit voorkom deur sekerre stappe te volg. 

Hier is twee noodsaaklike toetse wat jou kan help om ’n hartaanval te voorkom:

 

Cholesterol-toets

Hoe dikwels?

Minstens elke vyf jaar, en gereelder as jy oor 50 is (45 vir mans) of aan enige risikofaktore vir hartsiektes soos diabetes of hoë bloeddruk ly, oorgewig of ’n roker is of ’n familiegeskiedenis van hartsiektes het.
Maak dit geloofwaardiger
Jy kan jou betreklik maklik by ’n plek soos ’n gesondheidsekspo laat toets, maar jy kry daar moontlik net jou totale lesing en nie die onderverdeling van slegte LDL- of goeie HDL-cholesterolvlakke of jou trigliseriedmeting nie. Selfs met so ’n onderverdeling kan jou LDL- en trigliseriedlesings onbetroubaar wees as jy nie nege tot 12 ure vooraf gevas het nie.

 

 

Laat meet jou bloeddruk

Hoe dikwels? 

Ten minste elke twee jaar, en meer gereeld as jou bloeddruk hoër as 120/80 is.

 

Maak dit geloofwaardiger

Neem dit sommer self met ’n tuismonitor en bespreek jou bevindings met jou dokter voordat jy met enige behandeling begin. In ’n onlangse Spaanse studie van meer as 8 295 pasiënte het meer as een derde van hulle wat na verwagting aan moeilik behandelbare hoë bloeddruk gely het, inderwaarheid aan sogenaamde witjas-hipertensie gely – verhoogde angsvlakke in ’n mediese omgewing.

 

Lees ook:

Speel klaar met cholesterol

Eet meer beet vir laer bloeddruk 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Botter of margarien … wat is beter?

Lees verder om uit te vind wat die gesondste keuse vir jou hart is

Close