×
Skakel na Engels

Voëlmis

Kledingstof/materiaal

1 Behandel vooraf of week in warm water met ‘n wasmiddel/poeier wat ensieme bevat.

2 Was.

3 As die vlek nie verdwyn nie, gebruik ‘n oogdrupper en wend waterstofperoksied daarop aan en dan ‘n druppel of twee ammoniak  – spoel onder lopende water af.

4 Was dan weer.

 

Stoffering/bekleedsel

1 Meng een eetlepel opwasmiddel met twee koppies koel water.

2 Gebruik ‘n skoon wit lap en spons die vlek met die oplossing af.

3 Klad op die vlek tot dit droog is.

4 Herhaal stappe 2 en 3 tot die vlek verdwyn of droog is.

5 As die vlek nie verdwyn nie, gebruik ‘n oogdrupper en wend waterstofperoksied daarop aan en dan ‘n druppel of twee ammoniak.

6 Spons met koue water af en klad daarop tot droog.

 

Matte

1 Meng een eetlepel opwasmiddel en een eetlepel witasyn met twee koppies warm water.

2 Gebruik ‘n skoon wit lap en spons die vlek met die oplossing af.

3 Klad op die vlek tot dit droog is.

4 Herhaal stappe 2 en 3 tot die vlek verdwyn of droog is.

5 As die vlek nie verdwyn nie, gebruik ‘n oogdrupper en wend waterstofperoksied daarop aan en dan ‘n druppel of twee ammoniak.

6 Spons met koue water af en klad daarop tot droog.

 

Voëls en Bessies

As die voëlmis donker is soos bessievlekke, behandel soos bloubessievlek hieronder.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Beet

Kledingstof/materiaal 1 Behandel vooraf met vloeibare wasmiddel of vlekverwydermiddel en spoel dan deeglik in koue water. 2 As die vlek...

Close