×
Skakel na Engels

Virtuele Santa Shoebox-projek: Jy kan nou alles aanlyn doen!

Die Kersfeesvrolikheid begin vanjaar vroeg!

Wat is die Santa Shoebox-projek?

Die Santa Shoebox-projek is ’n wonderlike welsynsorganisasie waarvan die mikpunt is om aan minderbevoorregte kinders – wat andersins niks in die feestyd sou ontvang nie – ’n Kersgeskenk te gee. Die projek het in 2006 met net 180 skoenbokse begin en het intussen gegroei en sluit Suid-Afrika en Namibië in. Dit versprei nou geskenke na meer as 1 000 fasiliteite elke jaar.

Vir enige iemand wat nie bekend is met die Santa Shoebox-konsep nie, dit behels dat ’n individu aanlyn gaan en ’n “skoenboks belowe”. Jy registreer dan jou besonderhede en kies ’n naam uit ’n lys kinders wat geregistreer is om ’n geskenk te ontvang. Sodra jy geregistreer het en die ontvanger gekies het, kan jy inkopies doen.

Om dit makliker te maak om te weet wat om te kry, sal jy die kind se naam, ouderdom en klerenommer kry. Daar is ’n lys items wat by die geskenk ingesluit moet word, van toiletware tot klere en speletjies, en al die items moet nuut en gepas vir die kind se ouderdom wees.

Kliek hier om te kyk wat jy moet insluit en wat nie in die skoenbokse toegelaat word nie. (Jy kan ook registreer om soveel bokse te skenk as wat jy wil, maar dis belangrik dat jy jou belofte nakom wanneer jy onderneem (pledge) om die skoenbokse te gee.)

Die virtuele Santa Shoebox-projek

Vanjaar het hulle ’n ongelooflike nuwe opsie bekendgestel: die virtuele Santa Shoebox. As jy nie self kan uitgaan om ’n Santa-skoenboks met wonderlike geskenke te vul nie, kan jy die items aanlyn kies en iemand anders sal die inkopies vir jou doen en die boks vul.

Jy kan vanjaar van 1 September af jou steun (pledge) vir die gewone en virtuele Santa Shoeboxes registreer.

Die virtuele opsie is geskep vir mense wat die projek wil ondersteun, maar nie tyd het om dit te doen nie, of wat ver van die afleweringspunte woon. Sodoende kan meer mense by die welsynsorganisasie se missie betrokke raak.

Die virtuele Santa Shoebox ondersteun ’n driejaardoelwit, March to a Million, met die mikpunt om ’n miljoen kinders teen 2019 te bereik. Om dit reg te kry het die mikpunt vir elke jaar verhoog – met 110 000 skoenbokse vanjaar, 115 000 in 2018 en 125 000 in 2019. 

Hoe kan ek betrokke raak?

Skenkers moet die amptelike webwerf besoek om ’n skoenboks vir ’n kind te beloof. Hulle moet die naam, ouderdom en geslag aandui. As jy die virtuele opsie kies, kies jy dan agt items om die boks te vul en skryf ’n persoonlike boodskap, wat op ’n geskenkkaartjie vir die kind gedruk sal word.

Sodra die items aanlyn gekies is, sal die span dit in versierde bokse pak en by kinders oor die land heen aflewer. Daar is ook ’n opsie vir ’n generiese virtuele Santa Shoebox, wat al die nodige inhoud bevat en met die kliek van ’n muis beskikbaar is. ’n Virtuele Santa Shoebox kos R400.

Vir enige iemand wat hul eie Santa Shoebox wil pak en skenk, is dit steeds ’n opsie. Sodra jy jou inkopies vir die geskenke gedoen het en die bokse versier het, moet dit op die aangewese datums in Oktober by ’n sentrale verspreidingspunt oor die land heen afgegee word. Jy kan ’n lys van afleweringsplekke en -datums hier kry: http://santashoebox.org.za/find-my-local-dropoff/

Vir besonderhede oor hoe om betrokke te raak, besoek FacebookTwitterInstagramYouTube en Pinterest.

FOTO: iStock/asiseeit

LEES OOK:

6 redes om jou ou skoenbokse te bêre

Suzelle DIY: Santa Shoebox-projek

10 speelgoed wat jou kind sal help om fikser te word

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Hoekom dit belangrik is om vir kinders “nee” te sê

Een kenner sê "helikopter-ouerskap" kan die rede wees dat al hoe meer kinders geskors word, skryf Jenny Cook

Close