×
Skakel na Engels

Vier vinnige oplossings vir stres

Beheer jou stres maklik met hierdie vier vinnige oplossings vir stres
vier vinnige oplossings vir stres

Volg hierdie vier stappe as jy volgende keer voel jou spanningsvlakke klim. Jy kan jou stresrespons in uit “uitdagingsrespons” verander, sê die sielkundige dr. Kelly McGonigal in haar boek The Upside of Stress.

1. Erken dit wanneer jy stres ervaar

Laat jouself eenvoudig toe om dit te erken, en hoe dit jou liggaam raak. Wanneer jy in ’n stresvolle situasie is, voel dit dalk makliker om dit te vermy, maar dit kan op lang termyn nadelig wees. Wanneer jy jou snellers identifiseer, sal dit jou help om dit in die toekoms beter te hanteer.

Lees ook: 3 natuurlike kure vir stres

2. Besef dat die stres ’n reaksie is op iets waaroor jy omgee

Kan jy die positiewe motivering agter stres raaksien en hoekom dit vir jou saak maak? As jy aandag gee aan die rede hoekom iets jou affekteer, sal dit jou help om te verstaan hoekom jy angstig daaroor raak.

Lees ook: Dít is wat jy moet eet wanneer jy gestres is

3. Gebruik die energie wat stres jou gee pleks van dit te vermors en die stres te probeer beheer

Vra jouself: Wat kan jy doen of watter keuse kan jy maak wat met jou doelwitte en waardes op daardie oomblik strook?

4. Eet gesond om jou te help om jou stres te beheer

Wanneer jou liggaam behoorlik gevoed is, is dit beter toegerus om stres te hanteer. Dis belangrik om drie gebalanseerde maaltye per dag te eet en genoeg water te drink. Probeer om jou suiker- en kafeïeninname tot die minimum te beperk, want dit kan jou hartklop versnel en jou bloeddruk verhoog – wat alles tot hoë stresvlakke bydra.

FOTO: iStock/microgen

LEES OOK:

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief