×
Skakel na Engels

Vinnige etes vir ’n week

Hierdie week se aandetes wat jy in ’n japtrap kan maak!
Vinnige etes

Soms raak die lewe ’n bietjie chaoties en dan voel dit of daar bloot nie genoeg tyd in die dag vir alles is nie. Hierdie maaltydplan vir die week sal jou lewe makliker maak en jou meer tyd vir ander goed gee.

Maandag

Botterskorsie-en-lensiebredie

Warming butternut & lentil stew

Hierdie vullende botterskorsie-en-lensiegereg is perfek vir #VleisloseMaandag. Dis nie net vinnig en maklik om te maak nie – as daar enige iets oorbly, is dit perfek vir môre se middagete!

Hier is die resep

Dinsdag

Pita met witboontjie-en-tunavulsel

White-bean tuna pita

Hierdie witboontjie-en-tuna-pita-resep is ideaal vir ’n maklike, vinnige maaltyd. Jy maak bloot die vulsel, warm die pita op en dan kan almal hulself help. Jy kan ook met die vulsel rondspeel deur ander bestanddele by te voeg of iets uit te laat.

Hier is die resep

Woensdag

Hoender en bone

chicken mole

Net ’n paar bestanddele, waaronder speserye en basmatirys – dis al wat jy vir hierdie heerlike hoender-en-bonegereg nodig het. En weer eens is oorskiet perfek vir die volgende dag. Maak dus genoeg.

Hier is die resep

Donderdag

Koeskoesslaai met geroosterde groente

Braaied Vegetable & Couscous Salad

Probeer hierdie koeskoesslaai met geroosterde groente vir ’n ligter maaltyd gedurende die week. Voeg proteïen van jou keuse by as jy wil, en voilà – ’n vullende, gesonde gereg in ’n japtrap.

Hier is die resep

Vrydag

Gebraaide worsies met ’n keuse van bolae

Grilled sausages with mix & match toppings

Op ’n Vrydag is ure voor die stoof waarskynlik die laaste ding waarvoor jy lus is, veral ná ’n lang week. Maak hierdie gebraaide worsies met ’n verskeidenheid bolae. Jy kan kies watter piekels jy daarby wil eet, of jy kan almal maak vir ’n bietjie verskeidenheid. 

Hier is die resep

Saterdag

Heerlike macaroni-en-kaas

Delicious Macaroni Cheese

Dis Saterdag en hopelik kon jy ’n bietjie slaap inhaal, maar jy is steeds nie lus om ure voor te stoof te staan en jou af te sloof nie. Dis nie ’n probleem nie! Hierdie heerlike macaroni-en-kaas is smaaklik, vinnig en maklik om te maak.

Hier is die resep

Sondag

Lekkerste romerige sampioene

ultimate creamy mushrooms

Maak hierdie smullekker romerige sampioene om saam met steak by Sondag se familiebraai voor te sit. Maak net seker jy het genoeg vir almal!

Hier is die resep

Heerlike nagereg

Besige kok se banoffee-tert

Busy Cook’s Banoffee ‘Pie’

Hierdie maklike banoffee-tert is nie net liplek-lekker nie, maar ook maklik om te maak. Grondboontjiebotter, piesang en karamel – wat ’n kombinasie!

Hier is die resep

Sondag-gebak

Meellose brownies

Flourless Brownies

Hierdie resep vir meellose brownies is ideaal vir enige iemand wat glutenintolerant is. Maak seker jy voeg dit by jou resepversameling. 

Hier is die resep

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Weeklikse maaltydplan met hoender – en ’n ietsie ekstra

Dis maklik, dis bekostigbaar, dis heerlik, dis hoender. Hier is ’n maaltydplan met hoender as die hoofbestanddeel om te verseker...

Close