×
Skakel na Engels

Vier Valentynsdag met hierdie fantastiese onderklere-aanbod

Wanneer dit by hierdie noodsaaklike produk kom, is gemak noodsaaklik!
Ackermans-webvertorial

 

Februarie is die maand van die liefde. Hoekom vier jy dus nie Valentynsdag in gerief en styl nie? Ons weet dat slegte onderklere enige geleentheid kan bederf, maar gelukkig het die klerekleinhandelaar Ackermans die perfekte versameling in ’n groot verskeidenheid nommers om jou so gemaklik as moontlik te laat voel.

“Daar is bra-opsies wat jou voorkoms sal vlei en jou borste sal lig of voller laat lyk, of selfs soos ’n tweede vel sal voel,” sê Ackermans se aankopebestuurder, Donna McPherson. Sy glo onderklere is meer as net ’n laag materiaal onder jou klere en dat die regte bra jou silhoeët kan verbeter. Hier is ’n paar fantastiese Ackermans-bra’s vir enige Valentynsdag-geleentheid:

1. Aandete en ’n fliek

Of jy nou ’n eerste afspraak met ’n potensiële nuwe liefde beplan of ’n afspraakaand met jou lewensmaat, of saam met ’n groep vriendinne partytjie hou, dis noodsaaklik om gemaklik aan te trek.

Gelukkig beteken dit nie dat jy verslons hoef te lyk nie. Of jy nou ’n fraai somerrokkie of jou gunsteling-jeans en ’n mooi bloes dra, die Multiway-bra van Ackermans sal jou pragtig laat voel en jou die gerief, ondersteuning en selfvertroue gee om jou aand behoorlik te geniet. Dié veelsydige bra het afhaalbare en uitruilbare bandjies, asook ’n breë rug met ondersteuningstrokies vir ekstra ondersteuning.

2. Prettige buitelug-aktiwiteite

Hoekom doen julle nie iets in die buitelug nie? As jy minigholf speel of ’n speletjiesdag of piekniek buite geniet, is jeans en ’n T-hemp die perfekte keuse, en so ook die Everyday-T-hempbra van Ackermans wat glad onder klere pas en liggies opgestop is om ’n natuurlike vorm te verseker. Hierdie veelsydige bra se materiaal voel sag, is gemaklik en die opstopsel sal jou ondersteuning gee, ongeag watter klere jy dra.

3. ’n Pamperlang-aand

As jy dit geniet om heelaand te ontspan en gepamperlang te word is ’n gemaklike bra belangrik, en die stewige Soft-cup-bra met keëls sonder draadondersteuning is net die ding.

“Ackermans het ook onlangs ’n uitgebreide reeks stylvolle, bekostigbare bra’s vir vroue met groter borste bekendgestel wat tot in ’n G-keël beskikbaar is,” verduidelik McPherson.

Moenie Ackermans se fantastiese Valentynsdag-onderklere-aanbod misloop nie. Koop enige tweepak-bra’s plus enige driepak-broekies en kry R60 afslag. Die tweepak-bra’s wissel van R119,95 tot R169,95 en is in ’n verskeidenheid kleure beskikbaar. Hierdie fantastiese aanbod geld van 1 tot 14 Februarie 2018.

ackermans

 Ackermans

“Hierdie stel met twee bra’s is die onderklere-belegging van die seisoen. Dis nie net ongelooflik bekostigbaar nie, maar ook van hoë gehalte, uiters gemaklik en pas fantasties,” sê Goeie Huishouding se modedirekteur, Bev Nates. 

“Dis in ’n verskeidenheid nommers beskikbaar, en in tot ’n G-keël. Die meeste van ons sukkel om ’n bra te kry wat modieus is én behoorlike ondersteuning bied. Die pragtige kantdetail en kleure soos robynrooi en klassieke swart is mos iets wat almal sal wil hê,” sê sy.

Besoek www.ackermans.co.za vir nog inligting oor Ackermans-onderklere en ander fantastiese produkte of volg @AckermansSA op Facebook.

Hooffoto: iStock/Poike

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Die regte manier om jou bra’s te was

Verleng jou bra’s se leeftyd

Close