×
Skakel na Engels

Vier maniere waarop enige vrou sexy kan voel

Modern Family se Sofía Vergara is astrant, sexy én slim. Vertrou dus haar oordeel en pas gerus dié vier wenke toe

1. GLIP IN ’N PAAR HOËHAKSKOENE

‘Dit verander die manier waarop jou liggaam beweeg,’ sê Sofía. ‘Dit laat jou bene langer lyk. Dis soos om ’n bietjie kits-chirurgie te ondergaan; die vetjies smelt dadelik weg!’

 

2. BELÊ IN ’N KAS VOL BRA’S

‘Ek’s altyd op soek na die perfekte een. Ek sal een kry, dit ’n tyd lank dra en dit dan eers eenkant skuif. Dis die storie van my lewe! Ek kies gewoonlik swart en vleeskleur, maar ek dink ’n paar met diervelmotiewe op is altyd ’n lekker verrassing.’

 

3. DRA BONKIGE JUWELIERSWARE

‘Ek verlaat nooit die huis sonder oorringe nie; ek hou van die groot, bonkige soort. Dit trek die aandag af van enige ander onvolmaakthede! [Sy lag.] Ek begin ook ál meer om goed om my nek te dra. Omdat ek sulke groot borste het, het ek nooit gedink dit sal by my pas nie, maar ek dra halssnoere wat tot op my maag hang – en dit werk.’

 

4. BESTEL ALTYD NAGEREG

‘Die beste afsprake sluit aandete in. Ek hou van soesji of Italiaanse kos en sal iets ligs bestel. Maar nagereg is beslis deel van ’n sexy spyskaart. Ek sal op ander gebiede gesond eet, maar nie my nagereg oorslaan nie!

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
In die Oktober-uitgawe

Sommige van die opwindende artikels wat jy in die nuutste uitgawe van Goeie Huishouding kan lees, is...

Close