×
Skakel na Engels

Vier maklike lae-kilojoule-middagetes vir werk

Die koskenner en skrywer Lisa Lillien deel vier maklike werkmiddagetes wat jou tyd, geld en omtrent ’n wavrag kilojoules sal spaar

SALMSLAAI-TOEBROODJIE

 

Dis ’n nuwe (en volwasse) kinkel op tuna-en-mayonnaise-broodjies. Meng 85 g pienk salm, sonder grate, ’n bietjie mayonnaise en Dijon-mosterd. Jy kan ook ’n bietjie suurlemoensap, kersietamaties, in kwarte gesny, gekapte komkommer, rooi-ui en sout en peper byvoeg. Skep die slaai in ’n veselryke pitabrood. (Wenk: Pak die salmslaai apart in en skep dit voor middagete in. Niemand hou van ’n pap pita nie!)

 

ROERBRAAI IN ’N KITS

 

Het jy oorskiet-hoender? Meng 1 eetlepel laevet-grondboontjiesous of slaaisous met ½ eetlepel gegeurde rysasyn in Tupperware-bakkie net groot genoeg vir jou middagete. Voeg ’n koppie groente, in julienne-repies gesny, van jou keuse; gaar, vellose hoenderborsies, in blokkies gesny; ½ koppie gehalveerde, rou suikerertjies en 1 eetlepel gekapte koljander, as jy het, by. Voilà – ’n geurige, koue Thaise roerbraai!

 

GROENTE MET ’N JOGURTDOOPSOUS

 

Gesnyde groente wat jy in pakkies by ’n winkel kan koop, is gerieflik vir ’n ligte middagete, maar dit kan baie vervelig wees. Maak ’n romerige doopsous wat heerlik saam met wortel, komkommer en volgraanbeskuitjies is: Meng net vetvrye Griekse jogurt met salsa.

 

DIE MAKLIKSTE PIZZA NÓG

 

As jy ’n roosteroondjie of stoof by die werk het, probeer dié resep: Smeer tamatiesous oor ’n veselryke tortilla en plaas ’n bietjie laevet-mozzarella bo-op. Voeg stukkies gaar hoender by as jy wil. Bak dit in die roosteroondjie totdat die kaas gesmelt en die tortilla bros is.

 

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Probeer dit, nie dat nie, vir ontbyt

Wanneer jy ontbyt op ’n spyskaart kies, hoe weet jy wat is die gesondste keuse? Ons vergelyk twee Kauai-ontbyte

Close