×
Skakel na Engels

Vier Internasionale Koffiedag met Dunkin’ Donuts!

Dis Internasionale Koffiedag op 1 Oktober! Wat kan nou lekkerder wees as om dié dag met Dunkin’ Donuts te vier?
dunkin-donut

 

Hoewel dit nie ’n amptelike vakansiedag is nie, is daar geen rede om nié ’n dag wat aan een van die wêreld se gewildste drankies gewy is behoorlik te vier nie.

Met die oog op Internasionale Koffiedag op Sondag 1 Oktober het Dunkin’ Donuts Suid-Afrika aangekondig dat kliënte elkeen een klein, warm koffie of een koue middelslag-koffie GRATIS kan kry! 

“Hoewel ons oliebolle ons groot trekpleister is wat klante inlok, is dit ons koffie wat maak dat hulle telkens terugkeer. Behalwe vir die lekker smaak word ons koffie slegs van 100% arabica-koffiebone van hoë gehalte gemaak, en dit maak dat Dunkin’ Donuts-koffie as ’n topklaskoffie in die bedryf beskou word,” sê Davin Berrill, die hoof- uitvoerende beampte van Dunkin’ Donuts SA. “Ons beplan heelwat nuwe produkte wat ons klante opgewonde sal hou en hulle ’n verskeidenheid sal gee om van te kies, hetsy dit koffie of ietsie soets is waarna hulle smag. Vir nou wil ons net ons aanhangers op een van ons gunstelingdae bederf.”

Dunkin’ Donuts is een van die wêreld se voorste handelsname wat koffie en gebakte produkte betref. Hulle bedien hul hoëgehalte-arabicakoffie al vir 66 jaar en verkoop wêreldwyd sowat 1,9 miljard koppies per jaar.

Die Suid-Afrikaanse takke bied ’n verskeidenheid koffiedrankies, waaronder die oorspronklike koffiemengsel, lattes en cappuccinos, asook verskeie koue drankies.

Dunkin donuts inographic

Vir nog inligting oor #InternationalCoffeeDay, Dunkin’ Donuts se spyskaart en hul produkte, besoek www.dunkin-donuts.co.za. Vir nuus oor #GreatCoffee volg @DunkinSA op Twitter,  @dunkindonutssa op Instagram en @dunkindonutssouthafrica op Facebook

Inligtingsgrafika: Met vergunning van Dunkin’ Donuts

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
6 kosse om te vermy wanneer jy probeer swanger raak

As jy vrugbaarheidsprobleme ervaar, is dit dalk tyd om dié kosse uit te sny

Close