×
Skakel na Engels

Vier Erfenisdag saam met jou geliefdes

Gelukkige Erfenisdag!
Erfenisdag

Erfenisdag kan en word op verskeie maniere oor die land heen gevier. Een manier is om as vriende en/of familie ’n heerlike ete saam te geniet. Hier is 10 braairesepte wat jou mond sal laat water en jou beplanning ’n bietjie makliker sal maak:

1. Jamaikaanse jerk-hoender

Dié geurige hoendergereg kan met rys, slaai of koeskoes voorgesit word. So veelsydig!

2. Blitsgebraaide steak met waatlemoen en kruisement

Hou dit vars en eenvoudig met hierdie vinnige, maklike resep. Wie kan nou nee sê vir ’n lekker steak?

3. Varklendetjops in paprika-marinade

As jy van pikante kos hou, sal ons paprika-marinade ’n staatmakerresep in jou huis word. Lekker eet!

4. Mexikaanse strandstyl-vis

As jy dol is oor seekos, is hierdie resep net vir jou! Dis lekker geurig en sal jou na die strand en see laat verlang …

5. Vlamgeroosterde Cajun-hoender

Geroosterde hoender bly maar ’n wenner en dis boonop ’n maklike manier om vir ’n skare kos te gee.

6. Geroosterde varktjops met mangosalsa

Die mangosalsa komplementeer die varktjops perfek en gee dit ’n heerlike somerse voorkoms en geur.

7. Vlamgeroosterde steak

’n Sappige steak en geurige, bros groente? Dit klink vir ons na ’n wenresep!

8. Oop vis oor die kole

Makliker sal jy nie sommer kry nie – hierdie resep bevat so min as moontlik ander geure sodat die vis behoorlik as die hoofbestanddeel skitter. En dis groot genoeg om ’n groot gesin te voed!

9. Lamskenkelpotjie

Vier Erfenisdag deur gesellig om ’n vuur te kuier terwyl dié geurige potjie oor die kole prut. 

10. Gebraaide piesang en gekaramelliseerde pynappel

Hierdie eenvoudige en vars nagereg is net die ding om jul Erfenisdagvieringe mee af te sluit!

FOTO: iStock/pixdeluxe

LEES OOK:

Maak hierdie anderste, maar lekker bobotiegereg vir Erfenisdag

J’Something se moutbier-sishebo en pap

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
J’Something se moutbier-sishebo en pap

Tradisionele geregte soos hierdie een wys die diversiteit van ons land en is die ideale verskoning om familie en vriende...

Close