×
Skakel na Engels

Video: Suzelle DIY wys hoe om ’n organisasie-stasie vir jou voorportaal te maak

Ons is dol oor hierdie kleurryke skepping!
organisasie-stasie

Suzelle DIY het weer splinternuwe truuks en wenke om jou huis soos ’n goed geoliede masjien te laat funksioneer deur ’n nuttige “organisasie-stasie” in te rig. En haar assistent vir hierdie projek is niemand anders nie as die wildbewaarder Ryno, wat ook Marianne (Suzelle se beste-este vriendin) se kêrel is.

Dié keer wys Suzelle DIY ons hoe om ’n organisasie-stasie te maak sodat elke ding ’n plek het en jy nooit na iets hoef te soek nie. Ruk jou oorvol voorportaal reg en skep ’n ruimte wat die hele gesin kan benut. Skep ook ekstra bêreplek vir jou sleutels, boeke en klere. Dié stasie het selfs laaistasies vir jou selfone sodat jy jou foon kan inprop sodra jy by die deur instap en meer tyd saam met jou gesin kan deurbring.

En betrek sommer jou hele gesin wanneer jy hierdie organisasie-stasie maak. Die kinders kan die kratte en deur verf terwyl Pa die kraggereedskap inspan, en dit laat jou om dit mooi vir jul voorportaal op te dollie.

Hierdie selfdoenles behels kraggereedskap, maar Suzelle DIY sê jy hoef nie bekommerd te wees nie, want jy kan bloot na jou naaste Timber City vir hulp gaan. Dit beteken selfs gesinne sonder ’n nutsman of kraggereedskapkenner kan dié projek baasraak.

Lees ook: Suzelle DIY: Hoe om jou rusbank op te knap

WAT JY NODIG HET:

1. ’n Deur (geverf)

2. Vier kratte (geverf)

2. Dennehoutplanke

3. Tappenne (gesny en geverf)

4. Skroewe

5. Rek

6. ’n Boor (en ander kraggereedskap)

Kyk die video hier onder om te sien presies hoe Suzelle DIY haar organisasie-stasie aanmekaarsit – en hoe jy dit ook kan doen:

LEES OOK:

Suzelle DIY: Hoe om ’n blommekrans vir Tuindag te maak

Suzelle DIY: Eie(r)soortige wenke met eiers

Suzelle DIY: Hoe om macramé te maak saam met Zolani

10 Kersfeeswenke van Suzelle DIY

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Suzelle DIY: Hoe om ʼn blommekrans vir Tuindag te maak

Vier jou tuin, maak nie saak of dit groot of klein is nie!

Close