×
Skakel na Engels

Video: Kyk die lokprent van “Tali’s Wedding Diary” met Suzelle DIY as die hoofster

Ons kan nie wag om hierdie reeks te kyk nie!
Tali's Wedding Diary

Die gewilde en geliefde Suzelle DIY het haar kraggereedskap vir hoëhakskoene en haarverlengings verruil vir haar nuwe rol in die ShowMax-reeks Tali’s Wedding Diary. Julia Anastasopoulos (alias Suzelle DIY) is Tali, ’n selfbehepte prinses van Sandton wat na Kaapstad verhuis het en haar prins hier kom vind het – die eiendomsagent Darren (Anton Taylor, wat in die gewilde webreeks Jozi Shore en die bekroonde Money, Keys, Phone verskyn het).

Nadat Darren haar die ja-woord vra, is Tali vasbeslote om die volmaakte troue te reël – van hul verlowingsaankondiging tot die perfekte wit rok. Sy is vasberade om die beste te wees, ongeag wat dit kos, en selfs al is daar nie eens ’n bruidegom aan die einde van die kerkpaadjie nie . . .

Tali’s Wedding Diary is geïnspireer deur Julia se eie huwelik met die regisseur van Suzelle DIY, Ari Kruger. ” ’n Troue verskaf soveel materiaal vir ’n komedie,” sê Julia. “Jy ontmoet die vreemdste mense en daar’s so baie goed dat jy dit skaars kan glo, en tog het ons nooit voorheen ’n parodie op ’n troue in ’n Suid-Afrikaanse konteks gesien nie.”

Sedert die bekendstelling van Suzelle DIY op YouTube het Julia en Ari al meer as 80 Suzelle-video’s vervaardig, wat al meer as 23 miljoen keer besigtig is. “Tali en Suzelle is baie verskillende karakters,” sê Julia. “Almal is dol oor Suzelle, maar kykers gaan daarvan hou om nié van Tali te hou nie. Sy is beslis ’n bridezilla. Sy is vasberade om die volmaakte troue te reël, met of sonder haar aanstaande man.” Sy sê Suzelle sal baie van Tali hou, maar Tali sal Suzelle irriterend vind.

Tali’s Wedding Diary sal vanaf 14 Desember 2017 slegs op ShowMax beskikbaar wees.

Kyk die skreeusnaakse lokprent van Tali’s Wedding Diary:

FOTO: Met vergunning van ShowMax

LEES OOK:

Video: Suzelle DIY wys hoe om ’n organisasie-stasie vir jou voorportaal te maak

FOTO: Suzelle DIY se nuwe karakter, Tali

Suzelle DIY: Hoe om macramé te maak saam met Zolani

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Video: Suzelle DIY wys hoe om ’n organisasie-stasie vir jou voorportaal te maak

Ons is dol oor hierdie kleurryke skepping!

Close