×
Skakel na Engels

Verken jou liefde vir jenewer met Hendrick’s Gin

Stel ’n heildronk in met Hendrick’s Gin!
Hendrick's Gin

Jenewer is die laaste tyd in die kollig met ’n groot verskeidenheid ongewone vermengings op die rakke. Een hiervan is Hendrick’s Gin, wat met ’n vermenging van 11 plantbestanddele geskep is. Die eindproduk, met ’n kenmerkende infusie van komkommer en roosblare, is ’n wonderlik verfrissende jenewer met ’n unieke aroma. Ons het met Hendrick’s Gin se internasionale handelsmerkambassadeur, Ally Martin, gesels om meer uit te vind.

V: Hoekom sou jy sê is Hendrick’s Gin die ongewoonste jenewer in die wêreld?

Martin: Vir my is daar twee dinge. Eerstens die produksieproses, wat heeltemal uniek is; niemand anders maak jenewer soos ons dit doen nie. Ons gebruik twee verskillende distilleertoestelle en een vloeistof, en dit skep ’n baie interessante soort jenewer. Tweedens gebruik ons roos en komkommer, twee van ons plantbestanddele wat uiteraard nogal ongewoon is.

V: Hoe het die skeppers van Hendrick’s Gin die idee gekry om die komkommer met die jenewer te infuseer?

Martin: Plantbestanddele wat in jenewer gebruik word, is tradisioneel nie baie Brits nie. Hulle wou dus plante gebruik wat tradisioneel Brits is. ’n Komkommertoebroodjie en ’n roostuin is so Brits dat dit ideaal was om dit in die jenewer te gebruik. Dit voeg ook baie geurkenmerke toe.

V: Watter mengeldrankie sal jy maak vir die besige ma wat kinders, haar huis en haar werk moet balanseer?

Martin: Ons het ’n eksklusiewe mengeldrankie vir julle geskep, wat ons “The Spiciest Pineapple” noem. Dis ’n heel eenvoudige drankie, maar dis regtig lekker. Dis vinnig en maklik om te maak en kan in enige soort glas geskink word.

V: Wat is volgens jou die beste manier om jenewer by ’n Kersmiddagete te inkorporeer?

Martin: Waar ek vandaan kom, is Kersfees regtig koud, maar hier in Suid-Afrika is dit gewoonlik baie warm. In Brittanje sal ons ’n warm pons met baie jenewer daarin maak, maar hier sal ’n goeie ding wees om net ’n pons met jou gunsteling-somervrugte te maak. Dit is wonderlik om te deel.

V: Het jy al jenewer in kos gebruik, en hoe?

Martin: Een manier om jenewer in kos te gebruik is om salm te te piekel. Al wat jy doen, is om ’n groot salmfilet in jenewer te laat lê om dit te piekel. Dis eenvoudig en maklik genoeg, en dit smaak fantasties!

Hier is die resep vir Goeie Huishouding se eksklusiewe mengeldrankie, “The Spiciest Pineapple”:

The Spiciest Pineapple

Vir die pikante pynappelstroop

1 k pynappelstukke

suiker, na smaak

100 ml water

2 kaneelstokkies

2 naeltjies

2 t wonderpeper 

Vir die mengeldrankie

37,5 ml (1½ sopies) Hendrick’s Gin

75 ml (3 sopies) granaatsap

20 ml suurlemoensap

12,5 ml pikante pynappelstroop 

1 k pynappelstukke

suiker, na smaak

2 k ysblokkies, plus ekstra vir opdiening

kruisementblare, vir versiering

Metode

  1. Maak die pikante pynappelstroop: Plaas al die bestanddele in ’n vermenger en zirts tot fyn.
  2. Giet dit deur ’n sif om al die soliede stukkies te verwyder. Giet in ’n bottel en hou in die yskas.
  3. Maak die mengeldrankie: Meng die Hendrick’s Gin, granaatsap, suurlemoensap, pynappelstroop, pynappelstukke, suiker en ysblokkies in ’n mengfles en skud goed.
  4. Plaas 3 ysblokkies in ’n skemerkelkglas en giet die mengsel daaroor. Versier met vars kruisementblare en sit voor.

 Besoek www.hendricksgin.com vir nog inligting oor Hendrick’s Gin.

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
8 puik boetiek-jenewers uit eie bodem

Suid-Afrika staan glad nie terug wanneer dit by jenewer kom nie!

Close