×
Skakel na Engels

Verbeter jou verhouding met dié twee vrae

En dis nie so eenvoudig soos dit klink nie. Deur Paisley Gilmour
verhouding

Om te gaan sit en te praat oor wat werk en nié werk nie, is ’n uitstekende manier om enige verhouding te verbeter. Natuurlik gaan daar in enige verhouding aspekte wees wat 10 uit 10 kry, en ander dele wat ’n bietjie werk kort – en dis heeltemal oukei.

Volgens Ken Page, wat ’n psigoterapeut en ’n verhoudingskenner is, is daar twee vrae wat ons onsself behoort te vra om ons verhoudings te verbeter.

Pretty52 berig dat Ken hieroor vir die webwerf Your Tango geskryf het, en dat hy gesê het hoewel die twee vrae dalk baie eenvoudig klink, dit eintlik nogal ingewikkeld is. En dis die antwoorde daarop wat die geheim tot ’n gelukkige verhouding met jou ma, suster, maat of wie ook al kan wees.

Lees ook: 6 goed oor jul verhouding wat jy nooit moet deel nie

Ken sê jy moet jouself vra:

1. Watter interaksies in dié verhouding inspireer my die meeste?

2. Watter interaksies in dié verhouding maak my die seerste?

Die antwoorde hierop sal dit vir jou duidelik maak watter aspekte van jou verhouding feitlik volmaak is en jou fantasties laat voel, en watter jou nie so wonderlik laat voel nie.

Sodra jy jou antwoorde neergeskryf het, stel Ken voor dat jy dit met die ander party in die verhouding deel. Deur dit saam te bespreek kan julle vasstel hoe om die goeie aspekte goed te hou, en natuurlik hoe om die minder lekker dinge te verbeter.

Volgens Pretty52 het Ken gesê: “Vra jouself oor elke punt: ‘Wat sê dit van wat vir my geliefde belangrik is?’ Let op temas wat oor en oor opduik. Hoe beter jy hierdie dinge omtrent jou geliefde verstaan, hoe meer sal hy of sy jou liefde en waardering ervaar en hoe meer vreugde sal julle uit die verhouding kan put. Daar is min dinge so noodsaaklik vir ’n hegte verhouding, ongeag met wie dit is, as om hierdie aspekte te bespreek en mekaar se antwoorde te respekteer.”

Van: Cosmo UK

FOTO: iStock/courtneyk

LEES OOK:

 15 tekens dat julle dalk verhoudingsterapie nodig het 

MAANDELIKSE RUBRIEK: Die mite van die volmaakte huwelik deur Susan Hayden 

12 goed wat skadeliker vir jou verhouding is as verneukery 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief