×
Skakel na Engels

Vegetariese geregte vir die hele week!

’n Hele week van heerlike en geurige vegetariese etes? Ons belowe jy sal nie eens die vleis mis nie!

As jy reeds ’n vegetariër is, sal jy weet dat dit soms moeilik is om voedsame geregte te kry wat boonop ook smaaklik is. Ons het ’n week se spyskaart saamgestel wat aan al twee vereistes voldoen.

Maandag: Vegetariese pan-lasagne

lasagne

Skop die week met hierdie kaserige gereg af! Berei en bedien dit in ’n pan vir ’n rustiek-sjiek voorkoms. Kry hierdie lasagne-resep hier.

Dinsdag: Sampioen-quesadillas

mushroom

Hierdie Mexikaanse gereg is heerlik lig en geurig. Die mielies gee dit kleur en ’n vars smaak, terwyl die sampioene en skeppie suurroom dit ekstraromerig maak. Kry hierdie resep hier.

Woensdag: Soba-slaai met geroosterde tofoe

tofu salad

Die geroosterde toefoe mag dalk ’n smaak wees waaraan jy gewoond moet raak, maar dit gaan heerlik saam met die ander bestanddele in die slaai. Hier is die resep vir dié gereg. En eet dit sommer met eetstokkies vir ’n eg Oosterse gevoel!

Donderdag: Quiche met tamatie en bokmelkkaas

quiche

Hierdie quiche bevat die perfekte kombinasie van bestanddele vir ’n geurige gesinsete. En dis so maklik om te maak! Pak sommer die oorskiet vir middagete in. Kry die resep hiér.

Vrydag: Broccoli-en-bloukaassop

BroccoliSoup

Dis Vrydag! Wat kan nou ná ’n lang week lekkerder as heerlike trooskos wees? Die broccoli gee hierdie sop ’n tikkie varsheid, terwyl die bloukaas dit heerlik romerig maak. Hier is die resep.

Saterdag: Spinasie-roulade

P201Spinach-Roulade

Beïndruk jou kuiergaste met hierdie spoggerige, maar maklike spinasie-roulade. Dit word teen kamertemperatuur voorgesit, wat beteken jy hoef nie op die nippertjie te stres om dit te verhit nie. Kry die resep hier.

Sondag: Halloumislaai

16_HalloumiSalad_00023

Vars, lig en lekker baie kaas – dis die perfekte kombinasie vir ’n slaai. Spaar jouself moeite hierdie Sondag deur dié vinnige en maklike slaai aanmekaar te slaan. Hier is die resep vir dié halloumislaai. 

Prentjiemooi poeding: Pavlova-stapel

pavlova

As jy na die somer verlang, is hierdie sonnige nagereg net die ding! Die helder kleure lyk verruklik teen die neutrale agtergrond wat die pavlova en room skep. Kry hierdie pavlovaresep hier.

Sondag-gebak: Maklike sjokoladefondant

GHK_Sweet_Cheats_Chocolate_Pots

Klop jouself op die rug en sluit die vleislose week op ’n soet noot af met hierdie dekadente sjokoladepoeding. Probeer om dit só te bak dat die middel nog lekker sag en souserig is. Kry hierdie nageregresep hier.

LEES OOK:

Wat jy ’n vegetariër nié moet vra nie

5 gesonde eetgewoontes vir vegetariese kinders

Dié vrugte en groente kan dalk keer dat jy gewig aansit 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
5 Banting-vriendelike etes vir weeksaande

Vinnige en maklike Banting-vriendelike etes vir die hele gesin

Close