×
Skakel na Engels

Vat tyddiewe vas

Te veel onderbrekings by die werk? Volg ons raad om meer produktief te wees

Mense word gemiddeld elke agt minute by die werk onderbreek – en die meeste van die onderbrekings duur elk vyf minute. Dit werk uit op die helfte van die werksdag!

 

Probeer hierdie wenke:

  • Wanneer mense jou vra of hulle ’n paar minute van jou tyd kan kry, wees hoflik maar ferm met jou antwoord. As jy besig is, vra of hul besigheid kan wag.
  • As dit jou baas is, verduidelik waarmee jy besig is en vra of hul navraag belangriker is.
  • Maak jou deur toe, as jy gelukkig genoeg is om een te hê.
  • Moenie onverwagse besoekers vra om te sit of vir hulle koffie aanbied nie – dan stuur jy die boodskap uit dat dit in orde is vir hulle om te bly.
  • Let op na wie die tyddiewe is en wie diegene is wat met aanvaarbare of verstandige onderbrekings kom.

Lees ook:

Bestuur jou tyd beter

Doen één ding op ’n slag

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Moeg daarvoor om moeg te voel?

Dié wenke en veranderinge sal jou die hupstoot gee wat jy nodig het om die nuwe jaar vol energie af...

Close