×
Skakel na Engels

Unieke Consol-skemerdrankiebottels en mengstokkies

Gee jou drankies feestelike flair met ons unieke Consol-bottels en glansryke mengstokkies

Benodigdhede:

 

• 500 ml Consol-inlêbottels

• Houtsosatiestokkies

• ’n Verskeidenheid plastiekdiere, goue spuitverf (ons het Plascon Aerolak gebruik)

• ’n Handboor met ’n fyn boorpunt

• Superglue

 

Volg dié stappe:

 

• Boor ’n gaatjie aan die onderkant van elke plastiekdier.

• Drup ’n bietjie Superglue in die gaatjie en draai ’n sosatiestokkie in. Wag dat die gom droog word.

• Spuitverf die mengstokkie en dier alkante, wag dat dit droog word en spuit nog ’n laag, indien nodig.

• Terwyl jou verf droog word, spuitverf die Consol-bottels se deksels. Wag dat dit droog word en spuit nog ’n laag verf.

 

Oorspronklike bron: www.iwantthat.co.za

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Bont en blou

Gee jou huisdekor diepte met meubels en materiale in ’n verskeidenheid van baldadige bloue

Close