×
Skakel na Engels

UITEINDELIK kan jy dít op WhatsApp doen!

Is jy spyt oor ’n WhatsApp-boodskap wat jy gestuur het? Daar is nou ’n oplossing hiervoor
Whatsapp

Die meeste van ons het al op een of ander stadium ’n WhatsApp-boodskap gestuur waaroor ons onmiddelik spyt was. Gelukkig het WhatsApp pas ’n funksie bekendgestel wat jou toelaat om dié boodskap uit te wis, hetsy jy dit aan een mens op jou kontaklys of aan ’n groep gestuur het.

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog. 

Dit klink amper te goed om waar te wees! Daar is egter een “nadeel”: Jy het slegs sewe sekondes om die boodskap uit te wis nadat jy dit gestuur het, en die ontvanger van jou uitgewiste boodskap sal ’n kennisgewing kry wat sê: “This message was deleted”.

whatsapp deletes

Daar sal ook op jou eie skerm ’n kennisgewing verskyn wat sê: “You deleted this message”.

whatsapp deletes

Dis nogtans goeie nuus, want die ontvanger sal nie die boodskap self kry nie – MITS hulle dit nog nie gelees het voordat jy dit kon uitwis nie. As hulle dit reeds gelees het voordat jy die uitwis-opsie kon kies, sal die boodskap bloot verdwyn. Dankie tog! Nou die groot vraag: Hoe wis jy ’n WhatsApp-boodskap uit?

3 maklike stappe om jou WhatsApp-boodskappe uit te wis

  1. Maak jou WhatsApp-app oop en gaan na die kontak en die boodskap wat jy wil uitwis.
  2. Kliek op die boodskap en hou jou vinger daar totdat ’n swart blokkie bo die boodskap verskyn. Kliek op “Delete” in die kieslys.
  3. Kliek nou op die vullisblik-ikoon en kies dan die opsie “Delete for everyone”. Let wel as jy die “Delete for me”-opsie kies, sal jou kontakte steeds die boodskappe kan sien wat jy gestuur het en wat jy graag wou uitwis.

Hierdie nuwe funksie sal beskikbaar wees op all WhatsApp se Android-, iOS- en Windows Phone-apps, asook op WhatsApp Web. Die funksie werk vir teks- en enige ander mediaboodskappe wat gestuur word. Volgens die gereelde-vrae-afdeling op WhatsApp se webwerf moet jy én jou ontvanger die nuutste weergawe van WhatsApp vir Android, iPhone of Windows Phone hê sodat die boodskappe suksesvol uitgewis kan word.

Onthou: Vinnige vingers! Jy het net sewe sekondes.

Hooffoto: iSock/Poike

 

LEES OOK:

Hierdie nuwe WhatsApp-funksie sal jou lewe verander

3 dinge wat jy nie geweet het WhatsApp kan doen nie

5 wenke om jou Boomerang-vaardighede vir Instagram op te skerp

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
SA sjef Chantel Dartnall word as die beste vrouesjef in die wêreld aangewys

Jy maak ons so trots, Chantel!

Close