×
Skakel na Engels

Tradisionele maar anderste huweliksherdenkinggeskenke

Of dit nou die jaar van katoen, leer of pêrels is, ons het die perfekte geskenkidee!
huweliksherdenking

Ons weet hoe moeilik dit kan wees om elke jaar met ’n oulike idee vir jul huweliksherdenking vorendag te kom, en dis hoekom ons ’n lys van tradisionele dog unieke geskenkidees vir die mylpale gaan opstel het. Maar wees gewaarsku – van dié geskenke is so fantasties dat jy dit dalk vir jouself sal wil hou!

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog.

Psst! Dis die soort artikel wat jy wil lees terwyl jy langs jou maat sit sodat jy kort-kort iets kan sê soos: “Is dit nou nie ’n oulike geskenk nie?!”

Tradisionele herdenkingsgeskenke om die mylpale te vier:

1ste herdenking: papier

’n Verpersoonlikte dagboek of notaboek kan ’n slim manier wees om papier in te span. Ons is versot op dié een van Macaroon. Dis in A5 en A4 beskikbaar, en kom in byna 200 verskillende ontwerpe!

A5-grootte Botanic Orb Rose-dagboek | Macaroon | R270

 

2de herdenking: katoen

Hoewel ons nie sal nee sê vir suiwer katoen slaapklere, handdoeke of selfs ’n katoenoorgooideken nie, hoef jy nie noodwendig so letterlik te dink nie. Bederf jou wederhelf met ’n stel koffiebekers of ’n koffiedompelpot in Le Creuset se Cotton-kleur. Briljant! 

800 ml-dompelpot in Cotton |                Le Creuset | R1 060

3de herdenking: leer

Help jou lewensmaat om in styl te reis met ’n mooi maar praktiese leersak – dis perfek vir al jul avonture saam. Dié sakke word van gehalte-leer gemaak en is dus ’n beleggingskopie wat so lank soos jul huwelik sal hou!

Die Franklin in Pecan | Freedom of Movement | R4 495

4de herdenking: vrugte/blomme

Hoewel ’n pragtige bos blomme altyd ’n gawe geskenk is, is ’n fyngeur soos ’n nimmereindigende geskenk. Met tikkies lemoenbloeisel en sagte note van roos en lelie is die Kiehl’s Original Musk een van ons geliefkoosde blomgeure. Dit is as ’n uniseksgeur ontwerp, maar dit mag dalk net te fantasties ruik om dit selfs met jou liefie te deel! 

Kiehl’s Musk EDT 50 ml | Edgars | R790

5de herdenking: hout

Hout is gewoonlik een wat mense laat kopkrap, maar daar is ’n paar oulike en unieke opsies in die houtkategorie – dink aan iets soos ’n bonsai, ’n houtjuwelierswarekissie, gehoute wyne, ensovoorts. Ons voorstel? Hierdie unisekssonbril van Hout Couture sal seker maak jou maat het net oë vir jou …

Dru-sonbril in Rose | Hout Couture | R1 800 tot R2 499

10de herdenking: blik/aluminium

Ons wed jy kan baie kreatief raak met dié kategorie (loer gerus na Tintown se webwerf), maar wat kan nou lekkerder wees om ’n dekade se saamwees te vier as om daarop te drink? Goed, ons weet jy wonder seker hoe ons van blik by wyn uitgekom het. Sien, Meerlust-landgoed bied ’n verskeidenheid wyne in, hier kom dit nou, ’n versamel-blik.

Meerlust Rubicon in versamelblik 750 ml | wine.co.za | R470

15de herdenking: kristal

Hoewel kristal ’n baie veelsydige kategorie is (van juweliers- tot kombuisware), is ons seker dié unieke voorstel gaan die beste herdenkingsgeskenk nóg maak: Gaan vier 15 jaar se liefde en geluk met ’n naweek by die Crystal Springs Mountain Lodge in Mpumalanga. Viersterverblyf, ’n mooi spa, ’n heerlike restaurant, ’n wonderskone uitsig … wat meer wil jy hê? Kliek hier vir hul tariewe.

 

20ste herdenking: porselein

Ons weet jy is tegnies nie veronderstel om iets vir die huis te gee nie, maar hierdie porseleinborde van Carrol Boyes se keramiekreeks is onweerstaanbaar mooi! Dit sal ewe fraai op jou eetkamertafel as teen ’n muur lyk. 

Carrol Boyes Dancer-kleinbordjies | Yuppiechef.com | R799 vir ’n stel van vier

 

30ste herdenking: pêrel

Jy kan nie ’n fout maak met iets soos pêreloorbelle nie, maar ons het ons hart verloor op hierdie Lorus-vrouehorlosie met sy perlemoen-gesig. (En ja, perlemoen (mother-of-pearl) en pêrel is nie dieselfde ding nie, maar ons hou daarvan om buite [juweel]boks te dink!) 

Lorus-vrouehorlosie met perlemoenafwerking | NetJewel |  R1 200

  

Gelukkige herdenking! 

 Foto: iStock/isayildiz

LEES OOK:

5 skoonheidsbehandelings wat jy voor jou troue moet vermy

15 Valentynsdaggeskenke vir hom 

5 alternatiewe geskenkidees wanneer jy nie weet wát om te gee nie

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
25 Valentynsdaggeskenke vir haar vir R250 en minder

Ons is dol oor dié idees – en ons is seker die vrou in jou lewe gaan ook wees!

Close