×
Skakel na Engels

Tot siens, gebarste hakke!

Gebarste hakke? Ons help jou om jou beste voetjie voor te sit
Gebarste hakke

 

Ons voete werk baie hard en kry ons daagliks van punt A na punt B, maar baie van ons versorg nie ons voete behoorlik nie en sit gevolglik met seer en gebarste hakke. Dit word gewoonlik vererger deur die verandering van die seisoene of wanneer jy oop skoene dra of kaalvoet loop, wat jou voete aan die elemente en omgewing blootstel.

Lees: 3 wenke vir gesonde voete

Gebarste hakke lyk nie net onooglik nie, maar kan ook tot pyn en infeksie lei. Volg hierdie raad om jou voete tiptop te laat lyk én voel:

Week dit

Vul ’n kom of ’n voetspa met water en laat jou voete lekker lank daarin week om dit sag en skoon te kry. Dit sal daardie harde vel op jou hakke versag sodat jy dit makliker kan behandel. Gebruik ’n weekmiddel vir voete soos The Body Shop Peppermint Reviving Foot Soak om moeë voete te help vertroetel en te verkwik.

 

Skrop dit

Wanneer jou voete skoon en die vel sag is, gebruik ’n puimsteen of voetvyl, soos die Basics Pumice Stone, om dooie vel te verwyder. Skuur die probleemdele – jou hakke, die bal van jou voete en die kante van jou groottone – stadig in sirkelbewegings terwyl jy liggies op jou vel druk.

 

Lees: 5 feite wat ’n voetheelkundige wil hê jy oor voetswamme moet weet

Bevog dit

Nadat jy die harde en dooie vel verwyder het, wend ’n ryk room soos Oh So Heavenly Foot Spa Marine Minerals Foot Works Foot Cream aan. Dit sal jou voete lekker bevogtig. Dis die beste om dit net voor slaaptyd te doen sodat die room behoorlik kan intrek.

 

Gebruik ’n afskilferaar

Oppas om jou voete te gereeld te skuur; dit kan jou vel beskadig. Gebruik gerus ’n voetafskilferaar, soos die Skin Republic Foot Peel, tussendeur skropsessies. Dit verwyder die boonste laag velselle om daardie sagte, soepel vel te ontbloot. Dit bevat boonop vitamiene wat goed is vir die algehele gesondheid van jou voete. Waarvoor wag jy? Dis tyd om daardie trappers ’n bietjie te vertroetel! 

FOTO:iStock/Studio-Annika  

LEES OOK:

Hou jou voete sag in die winter

Die verbasende voordeel van stap

3 stappe om jou voete reg te kry vir sandale

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
3 dinge waarmee pasiënte dermatoloë tot raserny dryf

Het jy al ooit gewonder wat jou dermatoloog van jou dink? Wel, nou weet jy. Deur Meirav Devash

Close