×
Skakel na Engels

Toor met tamaties

Sjef Sharon Glass het ’n paar wonderlike wenke met hierdie veelsydige vrug

V: “Ek het ’n oorvloed tamaties. Wat is die beste manier om dit te benut en te bêre?”

 

A: Tamaties is nie net smaaklik, laag aan vet en propvol vitamien A, C en K nie, dis ook ’n uitstekende bron van kalium, wat bloeddruk help beheer en met spierbeheer help. Dis boonop ook ’n goeie bron van likopeen, ’n antioksidant en karotenoïedpigment wat tamaties hul pragtige helderrooi kleur gee. Interessant genoeg bevat gaar tamaties meer likopeen as varses. Dis heerlik en heilsaam in spaghettisouse of enige ander gekookte tamatiesous.

Om ’n tamatie se skil te verwyder gebruik ’n skerp mes en sny ’n X aan die onderkant van die tamatie. Sit die tamatie in kookwater en los dit vir so 3 tot 4 minute. Haal dit uit die water – jy behoort nou die skil maklik te kan aftrek. Jy kan tamaties ook in kwarte sny en die saadjies liggies met jou vingerpunte verwyder.

Wanneer jy tamaties koop, kies die rooiste, rypste tamaties sonder enige kneusplekke of merke. Hulle is vrugtig, aromaties en baie geurig.

Ek verkies om tamaties nie in die yskas te hou nie, want hulle smaak op hul lekkerste by kamertemperatuur. Tamaties kan in die algemeen minstens twee weke sonder verkoeling hou. As jy wil hê dit moet vinnig ryp word, sit dit saam met ’n piesang of
 ’n appel in ’n papiersak vir
 ’n dag of twee. Die gas wat die vrugte vrystel, sal die tamaties vinnig ryp maak.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
5 slegte gewoontes wat jou hande verouder

Wil jy hê jou hande moet jonk lyk? Volg hierdie wenke!

Close