×
Skakel na Engels

Dít is die beste manikuurkleur om jou hande jonger te laat lyk

Dis ’n staatmaker!
painting nails

 

Ons hande is ongelukkig een van die eerste plekke aan ons liggaam wat ons ouderdom verklap. Dis omdat ons hulle daagliks aan die elemente blootstel en boonop geneig is om dit af te skeep deur gereeld te vergeet om handeroom of sonskerm aan ons hande aan te wend. En hulle werk so hard vir ons! Dit maak dus sin dat ons hande soms ’n bietjie “afgeleef” kan lyk. Maar het jy geweet dat om hulle jonger te laat lyk so maklik kan wees soos om vir ’n manikuur te gaan?

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog.

Die beste teenverouderingskleur vir ons naels is eintlik een wat baie van ons gereeld dra. Dis ’n staatmakerkleur, ’n klassieke kleur, en dit pas by feitlik enige uitrusting of geleentheid. Dis natuurlik ROOI. Helderrooi het die vermoë om aandag van probleemdele soos vlekke en merke af te lei en die oog op jou pragtige manikuur te vestig. 

Lees ook: Hoe om jou hande jonger te laat lyk

Dis ongelukkig nie alle rooie wat dié uitwerking sal hê nie. Die bestes om te kies is dié met ’n oranje ondertoon omdat rooie met ’n pienk of blou ondertoon are en vlekke meer prominent kan maak. Rooie aan die oranje kant van die kleurspektrum is meer vleiend en komplementeer mense ongeag hul veltoon. Moet egter nie bekommerd wees nie, want daar is beslis ’n oranjerooi naellak daar buite met jóú naam op!

Lees ook: 5 maniere om ’n manikuur te laat hou

Hier is vyf verruklike rooi wat jou hande in ’n kits jeugdiger sal laat lyk:

 

Hooffoto: iStock/Image Source 

LEES OOK:

5 slegte gewoontes wat jou hande verouder

’n Manikuur vir ’n goeie doel: Aktivisme deur naelkuns

Hou só op om jou naels te kou

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Die gewildste naelmodes vir die somer

Laat jou naels dié somer ’n stylstelling maak

Close