×

Sy het ja gesê! Kyk dié plaaslike selebs se verloofringe

Elke seisoen is trouseisoen vir ons  plaaslike selebs.
Amalia uys

 

Ons is so opgewonde oor die groot liefdestap in ons gunsteling-selebs se lewe, maar meer as dit: Ons kan nie wag vir die “sy het ja gesê”-foto’s van die verloofringe wat hulle op sosiale media deel nie.

Hier is van dié selebs se verloofringe:

Amalia Uys

 

A post shared by Amalia Uys (@amalia1uys) on


Die voormalige 7de Laan-aktrise Amalia Uys is verloof en haar ring is net so mooi soos sy. Sy het vroeër vanjaar aan haar kêrel van meer as twee jaar, Shaun Golding, verloof geraak en die goeie nuus met hierdie foto op Instagram gedeel.

Neels van Jaarsveld se verloofde, Jeanne Flynn

 

She said yes! @jeanne_flynn @woodenringssa @woodushop

A post shared by Neels van Jaarsveld (@neelsvanjaarsveld) on

Die akteur Neels van Jaarsveld het in April 2016 sy geliefde, Jeanne Flynn, gevra om te trou. Jeanne het die jawoord vir Neels op die strand in die kusdorpie Witsand gegee. Neels het die nuus van die verlowing met dié foto hier bo gedeel.

Charlize Berg

 

A post shared by Charlize Berg (@charlizeberg) on


Die Afrikaanse sangeres Charlize Berg het op 16 September 2016 aan haar kêrel van agt jaar, Warren Linden, verloof geraak. “Die beste dag van my lewe” was hoe sy die oomblik op sosiale media beskryf het. Charlize het met die foto’s hier bo die goeie nuus aan haar aanhangers bekend gemaak. Kyk net die groot steen in die ring!

Handré Pollard se verloofde, Marise Malherbe

 

A post shared by Handre Pollard (@handrepollard) on

Die Blou Bul-rugbyspeler Handré Pollard het 2016 op ’n goeie noot geëindig. Dié 23-jarige het sy meisie,  Marise Malherbe, in Desember op die strand om haar hand gevra. Kyk net hoe mooi lyk Marise se ring op Valentynsdag toe hy haar met blomme bederf het.

Rudy Paige se verloofde, Ronelle Kolkota

 

A post shared by rudy paige (@rudy_paige) on


Handré is nie die enigste Blou Bul wat verloof is nie. Die Springbok en Blou Bul Rudy Paige en sy meisie, Ronelle Kolkota, het ook onlangs verloof geraak. Kyk net hoe gelukkig is die paartjie oor Ronelle se mooi ring!

 

Hooffoto: Instagram @amalia1uys

Lees ook:

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Die enigste ses stukke juweliersware wat jy nodig het

Hou op daarmee om juweliersware op te gaar, jy benodig slegs dié 6 items!

Close