×
Skakel na Engels

Suzelle DIY: Hoe om ʼn blommekrans vir Tuindag te maak

Vier jou tuin, maak nie saak of dit groot of klein is nie!

Sondag 15 Oktober 2017 is Tuindag en ons kan nie aan ’n beter manier dink om die dag te vier as om jou kroos nader te hark en blommekranse te maak nie. Of jou tuin nou uit ’n versameling potplante bestaan en of dit ’n malse lushof is – Tuindag is nét die geleentheid om dit te vier!

Kyk hier na Suzelle DIY se video oor hoe om jou eie blommekrans betyds vir #Tuindag te maak. 

 

Tuindag was die idee van ’n groep geesdriftige plaaslike tuiniers wat ’n beweging wou begin om Suid-Afrikaners te verenig deur ’n dag in te stel waarop almal hul tuine saam kan geniet en vier.

Onlangse navorsing toon dat mense tot 20% meer tyd daaraan bestee om in hul tuin te werk as om die vrug van hul handearbeid te geniet. Hier is ’n paar idees om jou op die 15de te inspireer om jou buiteruimte ten beste te benut, of dit nou ’n groot tuin of ’n klein patio is:

1. Begin met ’n plantklub (in plaas van ’n boekklub) waar vriende bymekaar kom om plante uit te ruil.

2. Besoek jou naaste kwekery of tuinsentrum vir inspirasie.

3. Gebruik vars blomme en groengoed uit jou tuin om blommekranse vir vriende en familie te maak.

4. Hou ’n skattejag in jou tuin.

5. Hou ’n tuinpartytjie, en sorg dat daar eetbare blomme op jou kolwyntjies is!

LEES OOK:

10 van die beste tuinplante wat min water vra

Vrolik jou tuin op

Rangskik blomme binne vyf minute

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Suzelle DIY: Eie(r)soortige wenke met eiers

Die skreeusnaakse selfdoenkoningin deel die geheim vir perfekte geposjeerde eiers en meer!

Close