×
Skakel na Engels

Suzelle DIY: Eie(r)soortige wenke met eiers

Die skreeusnaakse selfdoenkoningin deel die geheim vir perfekte geposjeerde eiers en meer!
eiers

 

Ywerige idees met eiers

Eiers is deel van ons daaglikse lewe, van ontbyt tot gebak. Daar is so baie wat jy met die nederige eier kan doen, en dit hoef nie basies of vervelig te wees nie. Suzelle DIY het ’n paar vernuftige idees, resepte en wenke met eiers, geïnspireer deur haar eiergeel-geel kombuiskas! (Is dit nie mooi nie?) Van eier op ’n wolk tot eier in ’n nes en ’n … um, wel, interessante manier om ’n eier te laat regop staan, sy weet hoe om dit alles te doen.

Uitstekende wenke

Wil jy weet of jou eiers vars is? Suzelle wys jou ’n kunsie waarmee jy kan seker maak dat jy nie ’n eier met ’n nare klankie oopbreek nie. Soos sy sê: “If it floats, get on a boat and sail away from it!” Wil jy weet hoe om eierwitte en gele maklik te skei? Dis nie ’n probleem nie! Wonder jy of jou eier rou of gaar is? Daar is ook ’n maklike manier om dít vas te stel. Sukkel jy altyd om die perfekte geposjeerde eiers te maak? Dis soveel makliker as wat jy dalk dink, en jy kan jou vriende en familie daarmee beïndruk. Weet jy nie hoe om ’n stukkie eierdop uit jou ongeklitste eierwitte te verwyder nie? Dis baie eenvoudig!

Gaan kyk self

Hier is die video wat jou wys hoe om dit alles te doen. Jy sal dit dalk ’n paar keer wil kyk om seker te maak jy onthou al die wenke. “There’s it!”

 

LEES OOK:

Suzelle DIY: Hoe om macramé te maak saam met Zolani

Suzelle DIY se wenke en kunsies vir die strand

Suzelle DIY: Hoe om origami-lanterns te maak

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Hierdie eier-tendens is besig om die internet te breek!

Wolk-eiers het mense oor die wêreld heen en veral op sosiale media aan die gons. Deur Lauren Miyashiro

Close