×
Skakel na Engels

Supermodel Stephanie Seymour word Estée Lauder se ster

Estée Lauder het die skoonheidsikoon Stephanie Seymour as ’n woordvoerder van die handelsnaam in hul wêreldwye advertensieveldtogte aangestel

Foto: REX/Byron Purvis/AdMedia/SIPA

 

Stephanie is die vergestalting van ’n moderne skoonheidsikoon,” sê Jane Hertzmark Hudis, internasionale handelsmerkbestuurder van Estée Lauder. “Sy is beeldskoon en bedrewe in die mode- en vermaakwêreld en die lewe en ek is opgewonde om haar by Estée Lauder te verwelkom.”

 

 

Oor Stephanie Seymour

 

Stephanie is die afgelope tweede dekades een van die topmodelle in die wêreld. Sy is in San Diego, Kalifornië, gebore en het sukses in modelwerk behaal nadat sy op die voorblad van Cosmopolitan verskyn het. Sedertdien was sy al op die voorblaaie van honderde tydskrifte en het sy die wêreld se topontwerphuise in tallose advertensieveldtogte verteenwoordig, waaronder Marc Jacobs, Chanel, Louis Vuitton en Versace.

 

 

Oor Estée Lauder

 

Estée Lauder produseer van die wêreld se mees ikoniese grimering, fyngeure en velsorgprodukte waarop vroue oor die wêreld heen versot is. Dit word in meer as 150 lande en streke verkoop.

 

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief