×
Skakel na Engels

Stuttafords stel twee eksklusiewe nuwe sterre bekend

Vandag is ’n groot dag vir Suid-Afrikaanse skoonheidsliefhebbers, want Stuttafords stel twee groot name in hul winkels bekend

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Michael Kors, bekend vir sy sjiek vroueklere en vir sy rol as beoordelaar vir Project Runway, het pas ’n nuwe reeks grimering en drie vars fyngeure van stapel gestuur. Kies uit Sporty (dink aan vars lemoen- en mandarynnote), Sexy (amber, versluier deur sandelolie en muskus) en Glam (met Kors se geliefde jasmynnote). Die fyngeure is saam met Kors se pragtige nuwe pienk-en-pruim grimeerreeks beskikbaar.

 

 

 

Ander opwindende nuus is dat die Italiaanse modehuis Marni (genoem na die suster van die huis se hoofontwerper, Consuelo Castiglioni) hul toetrede tot die parfuumwêreld vanjaar bekendgemaak het. Hul eerste geur, Marni, asook lyfroom, lyfvloeiroom, stortjel en ’n bekoorlike handsaksproei, is eksklusief by Stuttafords beskikbaar. Dis ’n verfrissende meisietjie-geur met ’n tikkie speserye, houtnote en intense roosolie en wierook. Ons sien uit na die bekendstelling van Marni Rose vroeg volgende jaar.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Doen jou oë ʼn guns

Om jou grimering te verwyder voordat jy in die bed klim, behoort ’n belangrike stap in jou skoonheidsroetine te wees....

Close