×

Sterre en hul boeke

Jenny le Roux, die eienaar van die boetiekwinkel Habits, vertel ons van haar liefde vir lees

 

 

Die laaste goeie boek wat ek gelees het,is Dear Lupin … Letters to a Wayward Son deur Roger Mortimer. Die boek bestaan uit skreeusnaakse en soms hartverskeurende briewe aan sy enigste seun, Charlie.

 

As kind was my gunstelingskrywer natuurlik Beatrix Potter. Wie kan Tabitha Twitchit, Flopsy, Mopsy en Cotton-tail weerstaan?

 

Boeke wat my geïnspireer het, is Helmut Newton se fotografieboeke. Enige iemand wat wil weet hoe om hulself van onder af op te werk, lees Jane Raphaely se boek, Jane Raphaely Unedited.

 

Die boek wat my laat huil het, was Levels of Life deur Julian Barnes, wat skryf oor sy smart ná sy vrou se dood.

 

Die boek wat ek die meeste gelees het, is The Catcher in the Rye. Dit was nie onderwysers wat my leer lees het nie,maar JD Salinger.

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 

Sterre en hul boeke

Kgomotso Matsunyane, aanbieder en vervaardiger van Late Night with Kgomotso (wat op SABC2 uitgesaai is), vertel ons van haar leesgewoontes

 

 

Ek het pas The Girl Who Kicked the Hornet’s Nest, die derde en laaste roman in die Stieg Larsson Millennium-reeks, klaar gelees. Ek is gek na ’n goeie misdaadriller.

 

Die boek wat ek vir inspirasie gelees het … The Four Agreements deur Don Miguel Ruiz. Die tweede van vier ooreenkomste is die een wat ek oor en oor lees. Dit gaan oor hoe om dinge nie persoonlik op te neem nie en verantwoordelikheid vir jou gevoelens te aanvaar.

 

My gunstelingskrywer op die oomblik is die Nigeriese Amerikaner Teju Cole.

 

Die beste outobiografie … Ek het twee: The Autobiography of Malcom X en Richard Branson se Losing My Virginity.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 

Sterre en hul boeke

Ons gee ’n kykie in die bekroonde outeur, joernalis en strokiesprentskrywer Lauren Beukes se boekewêreld

 

 

My gunstelingboek as ’n kind … was Roald Dahl se The Witches – baie avontuur, moedige helde, gemene hekse, humor en sosiale geregtigheid. Wie sal nie daarvan hou nie?

 

Die boek wat my laat huil het … was A Monster Calls deur Patrick Ness. Dis fiksie vir jong volwassenes oor ’n kind wat berusting vind in sy ma se kanker en die monster wat in die boom buite sy venster woon. Ek het nie net gehuil nie, ek het geween.

 

My beste vakansieboek … is Alex Latimer se The Space Race. Dis ’n riller oor ’n vrou op vlug in die Karoo nadat sy op ’n geheime projek afgekom het waar ’n ruimtetuig gebou word. Sy is agter ’n Angolese oorlogveteraan aan wat wil verseker dat die geheim verborge bly.

 

Die laaste boek wat ek gelees het … is SL Grey se The New Girl, ’n griller wat in ’n private skool in Johannesburg afspeel.

 

Lauren se boeke

 

  • Moxyland
  • Zoo City
  • The Shinning Girls

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 

Sterre en hul boeke

Die ma, aktrise, TV-aanbieder en boekwurm Michelle Garforth-Venter is obsessief oor CSI-tipe romans. Sy vertel ons meer

 

 

Dit het alles begin met … Dr Kay Scarpetta, die hoofkarakter in Patricia Cornwell se romans. Ek het al alles gelees wat Cornwell geskryf het.

 

My nuutste fiksasie is… Deon Meyer. Ek het eers Trackers(die Afrikaanse titel is Spoor) gelees, en nou lees ek Blood Safari (die Afrikaanse titel is Onsigbaar).

 

Die laaste niefiksie wat ek geleees het, is … Toddler Taming: A Survival Guide For Parents deur Dr Christopher Green.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Skakel na Engels

Sterre en hul Boeke

Die Australiese skrywer Tony Park praat oor sy gunstelingboeke en -skrywer

My gunsteling-leefstof is …

 

  • Daddy’s Girl deur Margie Orford
  • 7 Days deur Deon Meyer (ook in Afrikaans beskikbaar as 7 Dae)

 

Die skrywer wat ek bewonder, is …

 

  • Don Winslow, ’n Amerikaanse misdaadskrywer.

“Ek weet nie hoekom hy nie gewilder buite die VSA is nie,” sê Tony.

 

Die boek wat my lewe verander het …

 

  • Hold My Hand I’m Dying deur John Gordon Davis

“Dit het my aan Afrika bekendgestel toe ek ’n tiener was en hier is ek, dekades later, en bring die helfte van my lewe in Afrika deur en skryf romans wat op hierdie ongelooflike vasteland afspeel.”

 

 

Tony se nuutste roman The Prey (Quercus, R240)

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Om te kan lees is ’n geskenk

Wil jy vir jou kinders die kosbaarste geskenk (benewens liefde, natuurlik) gee? Gee hulle ’n liefde vir lees, sê die...

Close