×
Skakel na Engels

Stap vir stap: Hoe om ’n opgeknapte leer vir ’n blommerangskikking te gebruik

Vrolik jou huis op met hierdie maklike (en prettige) selfdoenprojek
Woodoc ladder flower arrangement

Voel die energie van die somer in jou huis met hierdie maklike (en bekostigbare) selfdoenprojek. Volg die maklike, vinnige stap-vir-stap-video en benut die sonnige seisoen om jou eie blommerangskikking met ’n opgeknapte leer te maak!

Wat het jy nodig?

’n ou leer

Woodoc Colours Buttermilk (20 ml)

Woodoc Water-Borne FLOOR in Clear Matt (1-liter-houer)

100-grint- en 80-grint-skuurpapier

houtblok (om die hout af te skuur)

1 verfkwas

droë lap of vadoek

Stap-vir-stap-video: Hoe om jou eie blommerangskikking met ’n opgeknapte leer te maak

6 maklike stappe om jou eie blommerangskikking met ’n opgeknapte leer te maak

1. As jy ’n ou leer of miskien ’n ruwe nuwe een gebruik, sal jy dit goed moet afskuur. Dis belangrik om dit af te skuur om van enige bestaande verf, verseëlaar of growwigheid ontslae te raak voordat jy die Woodoc Colours Buttermilk en Woodoc Water-Borne FLOOR in Clear Matt aanwend. Jy kan ook ’n klein handskuurder gebruik, en as die hout baie grof is, gebruik eers skuurpapier van minstens 80 grint en skuur dit daarna gladder met 100-grint-skuurpapier.

2. Meng die 20 ml Woodoc Colours Buttermilk in die 1-liter-houer Woodoc Water-Borne FLOOR in Clear Matt in.

3. Gebruik die verfkwas om die eerste laag liggies aan te wend en laat dit vir ’n uur of twee droog word. (Warm toestande sal die droogtyd verkort.)

4. Skuur liggies met skuurpapier af en vee enige stof met ’n droë lap of vadoek af.

5. Wend die tweede en derde lae aan, en los ewe veel droogwordtyd tussenin om die toon van die voorwerp donkerder te maak. Skuur liggies met skuurpaper en vee enige stof tussen elke laag met ’n droë lap of vadoek af.

6. Stileer die leer met plante en mooi bykomstighede om ’n ruimte in jou huis op te vrolik.

Woodoc Water-Borne FLOOR is ’n geharde en duursame moderne verseëlaar wat maklik aanwend en vir alle binnenshuise houtvloere en binnenshuise houttrappe gebruik kan word. Die produk is water-, alkohol- en vlekbestand, en is in Clear/White en Matt/Gloss beskikbaar.

Woodoc Colours is geformuleer om by die Woodoc-verseëlaar van jou keuse gevoeg te word om maklike, beheerde aanwending te verseker. Woodoc Colours is in 12 byderwetse en agt houtskakerings beskikbaar, en kan op dennehoutmeubels, houtvloere, houtspeelgoed, houtpatiomeubels, garagedeure en hekke gebruik word.

Besoek www.woodoc.com vir nog inligting oor Woodoc-houtsorg- en -onderhoudsprodukte.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Selfdoenprojek stap vir stap: Maak jou eie tafelversiering

Kikker jou partytjiedekor op met hierdie sjiek tafelversiering wat jy self kan maak!

Close