×
Skakel na Engels

Stap vir stap: Hoe om ’n kapstok vir handdoeke vir jou badkamer te maak

Kikker jou badkamer op met hierdie fantastiese selfdoenprojek
woodoc kapstok vir badkamer

Een klein verandering kan ’n groot verskil maak! Kikker jou badkamer op met hierdie bekostigbare selfdoenprojek. Volg hierdie vinnige en maklike stap-vir-stap-video om jou eie kapstok vir handdoeke te maak en jou badkamer nuwe lewe te gee.

Wat het jy nodig?

Een stuk 16 mm-dennehoutplank wat 200 mm x 500 mm groot gesny is

Woodoc Colours Seaweed (20 ml)

Woodoc Water-Borne FLOOR in Clear Matt (1-liter-houer)

100-grint- en 80-grint-skuurpapier

Houtblok (om die hout af te skuur)

’n Droë lap of vadoek

Maskeerband (1 cm tot 2 cm wyd)

1 verfkwas

Klerehake

Skroewe

’n Koordlose boor met sterpunte en 6 mm-klipboorpunte

2 portrethake en skroewe

2 skroewe met proppe

’n Maatband

’n Potlood

Stap-vir-stap-video: Hoe om jou eie kapstok vir handdoeke te maak

9 maklike stappe om jou eie kapstok vir handdoeke te maak

  1. As jy ’n stuk herwonne hout gebruik, skuur die hout skoon met die 100-grint- en 80-grint-skuurpapier wat om die houtblok gedraai is om enige bestaande verf of verseëlaar te verwyder. ’n Klein handskuurder kan ook gebruik word. As die verf of verseëlaar moeilik is om te verwyder, probeer skuurpapier met ’n growwer grint.
  2. Plak stroke maskeerband op die plank in verskillende rigtings om geometriese vorms in lukrake groottes te skep.
  3. Maak seker jy druk die maskeerband stewig teen die plank vas om te keer dat die kleur onder dit inbloei.
  4. Meng die 20 ml Woodoc Colours Seaweed by die 1-liter-houer Woodoc Water-Borne FLOOR in Clear Matt in.
  5. Gebruik die verfkwas om die eerste laag liggies aan te wend en laat dit vir sowat ’n uur droog word. (In warmer toestande sal dit vinniger droog word.)
  6. Wend die tweede laag aan en laat dit heeltemal droog raak sodat die toon van die blou donkerder raak. Skuur liggies met die skuurpapier.
  7. Sodra die laaste laag droog voel wanneer jy daaraan vat, trek die maskeerband versigtig af om die stroke skoon hout bloot te stel wat regoor die plank loop.
  8. Om die kapstok op te sit, heg twee portretplate aan die agterkant van die plank. Boor twee gate in die muur met ’n 6 mm-klipboorpunt en plaas die proppe met die skroewe in die muur.
  9. Haak die portrethake oor die skroewe om die plank op te hang.

 

Woodoc Water-Borne FLOOR is ’n sterk en duursame verseëlaar wat maklik aanwend en kan vir alle binnenshuise houtvloere en binnenshuise houttrappe gebruik word. Die produk is water-, alkohol- en vlekbestand en is in Clear/White en Matt/Gloss beskikbaar.

Woodoc Colours is geformuleer om by die Woodoc Sealer van jou keuse gevoeg te word vir maklike, beheerde aanwending. Woodoc Colours is in 12 byderwetse skakerings en agt houtskakerings beskikbaar, en kan op dennehoutmeubels, houtvloere, houtspeelgoed, houtpatiomeubels, garagedeure en hekke gebruik word.

Besoek www.woodoc.com vir nog inligting oor Woodoc-houtsorg- en instandhoudingsprodukte.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Ruk jou huis reg voor Kersfees: 2 weke oor

Wenke vir ’n skoon en ordelike badkamer!

Close