×
Skakel na Engels

Spog dié Kersfees met ’n skitterwit glimlag

Nou het jy geen verskoning om nié te glimlag nie
skitterwit glimlag

Ons wil graag almal mooi wit tande hê, maar ongelukkig laat ons leefstyl dit nie altyd toe nie (wie wil nou koffie én rooiwyn opgee?!). Hier is dus ons keuse van ses produkte wat jou sal help om jou glimlag ekstrasprankelend vir die feestyd te maak.

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog.

Plus White Coffee Drinkers’ Whitening Toothpaste

As jy die afgelope ruk meer koffie as gewoonlik gedrink het om deur die dag te kom, kan dit beslis ’n uitwerking op jou tande hê. Hierdie tandepasta is spesiaal geformuleer om koffievlekke te verwyder. 

Listerine Advanced White Multi-Action Mouthwash

Om jou tande te borsel is nie altyd genoeg vir ’n skitterwit glimlag nie. En dis waar hierdie mondspoelmiddel inkom! Dit help nie net om jou tande witter te maak nie, maar raak ook ontslae van kiemie in daardie gleufies wat jy moeilik met ’n tandeborsel kan bereik.

Lees ook: 6 maniere om te keer dat jou tande vlek

White Glo Extreme Whitening Pen

Hierdie formule is veilig genoeg om by die huis te gebruik en maak jou tande vinnig witter. Dit sluit sewe verblekingstrokies in wat saam met die jelpen werk om jou tande binne een week ligter te maak.  

White Glo Bright Nights Dissolving Whitening Films

Nie almal van ons is ewe geduldig nie en as jy jou tande dadelik witter wil laat lyk, is hierdie kitsstrokies net die ding! Dis maklik om te gebruik en kan op enige plek en tyd gebruik word vir ’n spierwit glimlag in ’n japtrap.  

Lees ook: Witter tande sonder ’n tandarts

Pure Smile Instant Whitening Toothpaste

Verkies jy om jou tande op ’n natuurliker manier witter te maak? Pure Smile se tandepasta bevat geen fluoried nie, maar wel natuurlike bestanddele en dit maak jou tande fantasties skoon en witter.

Pure Smile Activated Coconut Charcoal Powder

Houtskool is nou ’n gewilde kuur vir witter tande. Gebruik hierdie skropmiddel elke nou en dan om plaak te verwyder wat jou tande geler en dowwer kan laat lyk. 

FOTO: iStock/John Sommer

LEES OOK:

Twee skoonheidsneigings waaroor ons dol is

Borsel jy jou tande verkeerd?

Wanneer jy nie jou tande moet borsel nie

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Hoe om vinnig van puisies ontslae te raak

Laat staan die tandepasta, meisies! Deur Sam Escobar en Marci Robin

Close