×
Skakel na Engels

Speel klaar met stres

Jy is skaars terug by die werk, maar dit voel reeds of jy weer ’n vakansie nodig het

Ná ’n lang en spanningsvolle dag by die werk wil ’n mens net ontspan, maar dit is nie altyd so maklik nie, veral as jy ’n gesin het om na om te sien. Vir jou gesondheid se onthalwe is dit egter belangrik dat jy afskakel, al is dit net vir ’n paar minute.

 

Stap ’n entjie

As jy naby die see woon of as daar ’n park naby jou huis is, gaan loop vir so 30 minute sodat jy die kalmte van die natuur kan ervaar. Of gaan stap net om die blok – die vars lug sal jou goed doen. Dit sal jou ook tyd gee om te dink en jou kop skoon te kry.

 

Lê in die bad

Tap vir jou ’n lekker warm bad met badskuim en speel jou gunsteling-musiek in die agtergrond. Klim in die bad en lees ’n boek of ’n tydskrif, óf skink vir jouself ’n glas sjampanje. Vergeet van alles en almal, al is dit net vir ’n paar minute.

 

Vat die aand af

Vra jou maat (of kinders) om ’n slag aandete te maak. Party van ons sukkel om te delegeer, maar soms moet jy net terugsit en toelaat dat ander die werk doen.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Kos is op die tafel

Hoe om jou gesin te kry om nié voor die televisie te eet nie

Close