×
Skakel na Engels

Speel klaar met cholesterol

As jy probeer om jou cholesterolvlakke te verlaag, is die oplossing nie noodwendig om vette geheel en al uit jou dieet te sny nie

 

As jy probeer om jou cholesterolvlakke te verlaag, is die oplossing nie noodwendig om vette geheel en al uit jou dieet te sny nie, meen Australiese navorsers. Verander liewer die tipe vet wat jy eet.

 

Die feite

In ’n 10 jaar lange studie van 900 mense wat 49 jaar en ouer is, het diegene wat hul inname van botter en versadigde vette (soos vetterige vleis) verminder het, aansienlike laer bloedcholesterolvlakke getoon. Hierteenoor het diegene wat ook begin het om meer omega-3-vette soos olieryke vis te eet, hul bloedvetvlakke verlaag. Beide laer bloedvet- en cholesterlvlakke kan die risiko op hartsiekte verklein. Boonop het diegene wat medikasie geneem het om hul cholesterolvlakke te verlaag, ’n verdere verlaging in hul bloedcholesterol ondervind.

 

Goeie raad

Die Food Standards Agency beveel aan dat ’n mens twee porsies vis per week eet, waarvan een porsie olieryke vis (soos salm, sardiens, makriel en haring) moet wees. Een porsie is 140 g, sowat ses sardiens of een middelgrootte porsie salm.

 

Vegetariese bronne van omega-3-vette

okkerneute, vlassaadolie en gemaalde vlassaad, raapsaadolie, en groen blaargroentes.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Die eerste tekens van borskanker

Lyk of voel jou borste anders? Hier is sewe tipiese veranderinge waarvoor jy op die uitkyk moet wees

Close