×
Skakel na Engels

Soetgoed-inspirasie vir jou Halloween-tafel

As jy Halloween vier, gaan jy dol wees oor hierdie “spookagtige” lekkernye!

Lindt bied vanjaar ’n hele reeks “spookagtige” lekkernye spesiaal vir Halloween. Hul spook en -pampoensjokolades is nie net ideaal om op Halloween vir die kleinspan uit te deel nie, maar dis ook heerlike happies vir ’n Halloween-partytjie – hang dit as versierings op of gee dit as dankiesê-geskenkies, of doen albei.

csm_tabledecor_2545_8902b6e94f

 

csm_trickortreat_2511_dfe58bf8d3

 

Jy kan ook jou kreatiwiteit vlerke gee met Lindt se gewilde Lindor-balle om hierdie funky dog vreesaanjaende lekkernye te maak:

spiders

 

lindt-usa

 

bat-cupcakes

Plaas eenvoudig ’n Lindor-bal bo-op jou kolwyntjies/koek/koekies en gebruik fondantversiersel om oë daarop te maak. (Jy kan ook lekkergoedogies koop of minimalva- en droplekkers gebruik.)

 

Of maak ’n baksel van hierdie grieselrige dog geurige koekies!

Pampoengesiggiekoekies

pumpkincookies

 

        Bestanddele

  • 200 g gesoute botter
  • 100 g versiersuiker
  • 60 g eiergele (of 3 groot eiers)
  • ½ doppie vanielje-ekstrak
  • 250 g meel
  • 1 g gemengde speserye (soos neutmuskaat, kaneel en wonderpeper)

    Metode

    1. Verroom die botter en versiersuiker in ’n menger met ’n spaanhegstuk vir 5 minute op ’n matige tot hoë spoed.

    2. Voeg die eiergele en vanielje-ekstrak stadig by, en voeg dan die meel en gemengde speserye by. Meng goed tot ’n gladde pasta. Draai dit in kleefplastiek toe en plaas vir 2 uur in die yaskas.

    3. Versag die deeg deur dit liggies te knie. Rol dit tot 8 mm dik uit en druk die koekies met ’n koekiedrukker in die vorm van ’n pampoen uit. Gebruik ’n klein messie of die punt van ’n ronde spuitsaktuit om die oë en monde uit te sny.

    4. Bak by 170 °C vir 14 minute of tot goudbruin.

    5. Laat die koekies afkoel. Wanneer dit koel is, doop dit halfpad of heeltemal in gesmelte en afgekoelde Lindt Swiss Classic Dark Chocolate.

     

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
SA se beste bakwinkels

Ons het ’n lys met ’n paar van SA se beste bakwinkels saamgestel. Lekker koop – en bak!

Close