×
Skakel na Engels

Soet happies vir Valentynsdag

Wys jou liefde vir jou Valentyn met Snowflake Cake Wheat Flour en dié karringmelk- wafels met piesangs

 

 

Wat is beter as om jou geliefde op Valentynsoggend met verruklike karringmelkwafels met piesangs te verras? Met Snowflake Cake Wheat Flour en ’n bietjie liefdevolle sorg sal Snowflake help om jou Valentynsdag ekstra spesiaal te maak. Snowflake Cake Wheat Flour word van die suiwerste, witste deel van koring gemaak. Dit word fyngemaal en deur ’n nylonsif gesif om jou die beste meel te bied waarmee jy die heerlikste eetgoed aanmekaar kan slaan. Snowflake Cake Wheat Flour is sinoniem met gehalte en flatervrye eindresultate en sal verseker dat jou Valentynsdag-gebak perfek uitkom.

https://www.facebook.com/snowflakesouthafrica

 

KARRINGMELKWAFELS MET PIESANGS

 

Maak sowat 8 wafels

 

BESLAG

  • 500 ml (280 g) Snowflake Cake Wheat Flour
  • 15 ml Snowflake Baking Powder
  • 3 ml sout
  • 10 ml suiker
  • 2 ekstragroot eiers
  • 250 ml karringmelk
  • 90 g botter of margarien, gesmelt

 

BOLAAG

  • 60 g botter of margarien
  • 60 ml (50 g) ligte bruinsuiker
  • 5 ml gerasperde lemoenskil
  • 80 ml vars lemoensap
  • 6 ryp piesangs, in skyfies gesny
  • 2 ml fyn kaneel

 

1. Beslag Sif die meel, bakpoeier en sout saam. Voeg die suiker by.

2. Klits die eiers, karringmelk en gesmelte botter of margarien saam. Voeg by die droë bestanddele en klop totdat die beslag glad, dik en sonder klonte is. Laat die beslag vir sowat 30 minute staan.

3. Verhit ’n wafelpan, bespuit goed met kossproei en giet die beslag oor die plate totdat die basis bedek is. Laat dit effens set voordat jy die deksel toemaak. Bak vir ’n paar minute tot gaar en goudbruin.

4. Bolaag Smelt die botter of margarien in ’n swaarboompan. Voeg die suiker by en roer totdat dit ge- smelt het. Voeg die lemoenskil en -sap en piesangs by en braai vir sowat drie minute. Sprinkel die kaneel oor die piesangs en sit saam met die wafels voor.

 

Variasie: Vir brosser wafels, vervang die karringmelk deur 300 ml melk.

 

Volg Snowflake op Facebook.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Advertensie-promosie: Feestelike gebak

Maak dié Kersfees maklike, flatervrye geregte met Snowflake Cake Wheat Flour

Close