×
Skakel na Engels

Trek só vir jou liggaamsvorm aan, sê GH se modespan

Steel hul stylgeheime!
liggaamsvorm

Om volgens jou liggaamsvorm aan te trek beteken jy trek só aan dat jou beste eienskappe geaksentueer word. Hier wys die Goeie Huishouding-modespan hoe húlle aanttrek om hul beste bates te beklemtoon, en hulle deel ook hul stylbeleide met ons.

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog. 

Modedirekteur: Bev Nates

 

Literally!!! #friyay Photog:@katinkabester Hair: @moroccanoil_sa

A post shared by Bev Nates (@bevnates) on

 

Tartan Tuesday

A post shared by Bev Nates (@bevnates) on

#1 Ek beklemtoon my middel

“Ek het ’n goeie idee van my liggaamsvorm, sowel as my ‘foute’. Ek probeer die aandag op my dun middeltjie vestig en sal dikwels ’n belt of noupassende A-lynromp dra om dit te aksentueer. Ek dra ook heelwat noupassende hemde en bloesies, want ek weet dit werk vir my en ek voel altyd netjies uitgevat daarin.”

#2 Ek koop my klere een nommer groter

“Die grootste les wat ek geleer het, is om nooit klere te koop wat te klein is nie – dit kan jou maklik soos ’n opgestopte worsie laat lyk. Klere wat ’n nommer groter is, lyk gewoonlik baie beter. Vergeet dus van die nommer – dit beteken niks!”

Moderedakteur: Cleo Marcopoulos

 

❣️

A post shared by Cleo Marcopoulos (@cleopatramarco) on

#1 Ek dra klere wat my langer laat lyk

“Ek is fyn gebou en hou van klere wat my langer laat lyk. Maksirokke se kop-tot-toon-flair maak dit ’n wonderlike opsie vir die somer. Ek verkies ook die laaste tyd dikwels katpakke bo rokke – dis soos die moderne weergawe van die lang rok. Ek voel superselfversekerd in ’n noupassende of getailleerde katpak.”

#2 Ek maak die meeste van my kurwes

“Ek is nie met ’n uurglasfiguur geseën nie, dus koop ek klere wat my middel aksentueer en ’n mooi gevormde silhoeët skep. Waardeer jul kurwes, dames!”

#3 Ek laat my bates vir my werk

“Beklemtoon altyd jou beste bates. Ek is dol oor my klein borste en koop dus graag rokke met lae halslyne. Dit laat my altyd soos ’n godin voel.”

Modeassistent: Clare Robertson

 

▪️◾️◼️⬛️

A post shared by Clare Amor Robertson (@clareamorrobertson) on

 

Loopy

A post shared by Clare Amor Robertson (@clareamorrobertson) on

#1 Ek dra klere wat my middel komplementeer

“Om die waarheid te sê, is ek steeds nie 100% seker wat my liggaamsvorm is nie. Ek hou nie van die idee dat ‘almal ’n spesifieke liggaamsvorm’ (peer, uurglas ens.) het nie, want ons is almal so verskillend! Ek sou my lyf as slank met kurwes beskryf (ek het heupe en ’n dunner middel), dus is ek geneig om enigiets met ’n hoë middel te kies. Dit komplimenteer my heupe en aksentueer my dunner middel. Oorvourokke en -hemde werk ook vir my, want dit pas knap om my middel.”

#2 Ek probeer my proporsies uitbalanseer

“Ek het lang bene wat die beste in noupassende en getailleerde broeke lyk. Wat volume betref, hou ek daarvan om ’n balans tussen my bo- en onderlyf te skep. Ek sal dus ’n noupassende broek of romp met ’n pofmoubloes en baadjie kombineer, of ’n wyepypbroek en bonkige skoene met ’n noupassende toppie.”

Mode-intern: Lesego

 

A Christmas delight 🎁

A post shared by Lesego (@_versacehottie_) on

 

eew why am I so happy ?

A post shared by Lesego (@_versacehottie_) on

#1 Ek benut my lengte

“Ek het baie lang bene en ek is dol daaroor om hulle in ’n katpak of wyepypbroek te beklemtoon. Ek dink dat my bene die beste daarin vertoon, en dit laat hulle nog langer lyk! Ek is taamlik lank, en die meeste rokke kan nogal kort aan my lyk, dus verkies ek maksirokke wat my liggaamsvorm komplementeer. Ek dink ook oopskouerbloesies en rokke werk goed aangesien dit my nek langer laat lyk en op ’n subtiele, sensuele manier ’n bietjie lyf wys.”

FOTO: iStock/Alija

LEES OOK:

Die 4 liggaamsvorms en die klere wat dit vlei

Die regte rok vir jou liggaamsvorm

Kies ’n jas wat jou figuur pas

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
28 sjiek en bekostigbare items vir jou kantoorklerekas

Vul jou klerekas met ’n paar van hierdie staatmakers aan

Close