×
Skakel na Engels

Snork en jou gesondheid

Veroorsaak dit bloot ’n stoornis, of is dit ’n aanduiding van ernstige gesondheidsprobleme?

 

Spits jou ore wanneer een van jou geliefdes snork, meen nuwe navorsing.

 

’n Aanhoudende gesnork – daardie tipe wat ander mense wakker maak of wat vir meer as ’n kwart van die nag duur – hou verband met verdunde are en beroerte, sê dr. Ann Romaker, ’n slaapversteuringspesialis.

 

En volgens ’n studie wat in die Pediatrics-joernaal gepubliseer is, is kinders wat twee of meer nagte ’n week op die ouderdom van twee en drie snork, meer geneig om gedragsprobleme soos hiperaktiwiteit en depressie te ontwikkel. Hul brein mag dalk nie die slaap inkry wat nodig is vir gesonde groei nie, of kinders is eenvoudig te moeg om hul impulse te beheer, sê dr. Dean Beebe, ’n professor in kindergeneeskunde.

 

As snork dus ’n probleem is wat gereeld voorkom, moet jy dit nie ignoreer nie. Dit is behandelbaar – wat ’n lekker nagrus vir jóú ook sal beteken. 

 

V: Wie snork in julle huis?

 

Bron: Goeie Huishouding-tydskrif

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Kry só sterker beendere

Melk is nie die enigste drankie wat kan help om jou risiko vir osteoporose te verminder nie ...

Close