×

Sneeuwit Roomyskoek

Dit is loshande die beste manier nóg om Kersfees en die somer te kombineer. Dis genoeg vir ’n klomp mense … maar jy sal dit dalk nie wil deel nie!

Resepbestanddele

1 vrugtekoek

2 liter vanieljeroomys, versag

50 g MOIR’s- droë klapper, plus 2 e ekstra vir versiering

100 g rooi MOIR’s-glanskersies, vir versiering

Resepaanwysings

1. Voer ’n broodpan met kleefplastiek uit. Meng een derde van die roomys met 50 g MOIR’S- droë klapper en smeer dit op die bodem van die pan. Vries tot geset.

2. Krummel die helfte van die vrugtekoek, voeg dit by die orige roomys en skep dit bo-op die bevrore onderlaag. Vries tot geset.

3. Bedek dit met die orige vrugtekoek en plaas in die vrieskas.

4. Rooster die 2 e MOIR’S- droë klapper liggies.

5. Sodra die koek verkoel is, plaas ’n opdienbord op die broodpan. Keer dit om en verwyder die kleefplastiek.

6. Versier met MOIR’S-glanskersies en die geroosterde MOIR’S- droë klapper.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Krismiskolwyntjies

Krismiskolwyntjies is ’n baie oulike toevoeging tot feestelikhede vir die Kerstyd. Kom in die gees van die feestyd deur hierdie...

Close