×
Skakel na Engels

Smulgeregte vir elke dag van die week

Lekker eet!

Maandag: Spinasie-roulade

Vier #VleisloseMaandag met hierdie indrukwekkende spinasie-roulade. Dié spoggereg word by kamertemperatuur voorgesit wat beteken jy kan dit vooraf maak en meer tyd met jou gesin of gaste deurbring. As daar streng vegetariërs aan tafel gaan wees, maak seker jy gebruik ’n geskikte kaas. 

Dinsdag: Souserige garnaalkerrie

Ons gaan see toe! Hierdie souserige garnaalkerrie is propvol geur en vars seekossmake. Dis perfek vir ’n middel-van-die-week-gesinsete.

Woensdag: Gekrummelde varktjops met appelslaai

’n Sappige varktjoppie met ’n heerlike bros krummellaag sal enige iemand se mond laat water! En dis so maklik om te maak. Sit dit met ’n vars appel-en-koolslaai voor, en siedaar.

Donderdag: Toskaanse ragù

Trooskos op sy beste! Die Italiaanse wors en varkblad skep die perfekte basis vir hierdie gereg, terwyl die gerasperde parmesaan en lourierblare dit ekstra geur gee.

Vrydag: Pizza met roket en prosciutto

Vrydag is pizzadag, of hoe? Jy kan jou eie deeg maak – dis hope pret en eintlik baie maklik – of sommer pizzabasisse by die winkel koop en net jou eie bestanddele bo-op pak.

Saterdag: Strudel met eksotiese sampioene en hoenderlewerpatee

Die vullende sampioenvariasie (daar is van portabellini tot sjiitake, sjimeji en oestersampioene) in dié gereg maak dit ewe gewild onder groente- en vleiseters. Sit dit met ’n groen slaai voor om die rykheid van die patee te balanseer. As jy jou gesin of gaste nou eers wil beïndruk, kan jy die deeg ook self maak.

Sondag: Roereier met gerookte salm

Sluit die week op ’n ligte noot af met geurige roereiers, en maak dit dekadent met ’n bietjie gerookte salm – njammie! Sit die roereier op ’n geroosterde bagel of enige ander brood voor.

Dekadente nagereg: Banoffee-pannekoekstapel

Hierdie nagereg sal beslis jou gesin of kuiergaste beïndruk! En dit smaak net so lekker as wat dit lyk. Moenie skaam wees met die karamel en sjokoladeskaafsels nie – jy wil dit met elke happie proe.

Naweekgebak: Somerpoedingkoek

Vier die somer met hierdie prentjiemooi poedingkoek. Dis onweerstaanbaar lekker! Gebruik enige bessies, soos aarbeie, frambose, swartbessie, bloubessies, of ’n kombinasie.

LEES OOK:

Maklike aandetes uit die see vir ’n week

7 kosse om beter te slaap

6 superkosse wat jy nie hoef te koop nie

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Jou seisoenale kosmaakgids

Wanneer jy nie seker is of iets die beste sal smaak as dit gerooster, geposjeer of gesoteer word nie ....

Close