×
Skakel na Engels

Smaaklike weeklikse maaltydplan met ’n heerlike nagereg en Sondag-gebak

Dis ’n plesier!

Om vir die komende week kos te maak, beteken dat daar een minder ding op jou doenlysie is. Span die gesin sommer in om te help sodat jy gehaltetyd saam met hulle kan deurbring.

Probeer hierdie smaaklike resepte, wat ’n nagereg en prettige Sondag-gebak insluit:

Maandag: Lekkerste vegetariese diepskottelpizza

Deep-dish vegetarian supreme pizza

Koop genoeg deeg vir die basis van hierdie smullekker vegetariese diepskottelpizza wat ses bestanddele vir die bolaag insluit. Jy kan natuurlik kreatief raak en jou eie ekstras byvoeg. Terwyl die pizza in die oond is en daar opgeruim word, kan jy en jou man en kinders ’n bietjie tyd inhaal.

Hier is die resep.

Dinsdag: Thaise groenkerrie met hoender en klappermelk

Coconut Thai Green Chicken Curry

Hierdie Thaise groenkerrie met hoender en klappermelk bestaan uit net ʼn paar bestanddele en kan taamlik vinnig gemaak word. Alhoewel jy enige proteïen kan gebruik, verkies ons hoender, vark of vis om dit eg Thailands te hou.

Hier is die resep.

Woensdag: Heerlike macaroni-en-kaas

Delicious Macaroni Cheese

Trooskos op sy beste – én maklik om te maak! Dis die ideale gesinsete.

Hier is die resep.

Donderdag: Tunaslaai met patat en basiliekruid

Tuna Salad with Sweet Potato & Basil

Vis is ʼn belangrike deel van jou dieet, eerstens omdat dit natuurlike omega 3-vetsure bevat wat die risiko vir hartsiektes verminder, en tweedens omdat dit breinkos is. Met sy kombinasie van voedsame groente is hierdie tunaslaai met patat en basiliekruid ’n gesonde keuse. Wees kreatief met kleur en voeg murgpampoentjies of soetrissies by. 

Hier is die resep.

Vrydag: Lamswors met konfettikoeskoes

Lamb Sausage with Confetti Couscous

Hierdie lamswors met konfettikoeskoes is laag in kilojoules, is gou gereed, is gesond en heel ekonomies.

Hier is die resep.

Saterdag: Brusselse spruitjies met babatamaties en spek

Brussels sprouts with baby tomatoes & bacon

Geniet hierdie Brusselse spruite met babatamaties en spek as ’n bygereg wanneer julle braai. Om die gereg ’n bietjie meer om die lyf te gee, kan jy ’n paar gekookte aartappels byvoeg. 

Hier is die resep.

Sondag: Pitas gevul met tandoori-hoender

TandooriChickPittas

’n Sondagmiddagete hoef nie oordadig te wees nie. Maak hierdie pitas gevul met tandoori-hoender om jou spannetjie se honger op ’n gesonde, eenvoudige manier te stil.

Hier is die resep.

Nagereg: Sjok-sitrus-bosbessiewiele

Choc-citrus Cranberry Wheels
Vir ’n pikante soetdingetjie is hierdie sjok-sitrus-bosbessiewiele die perfekte keuse. Die kombinasie van soet en suur in ’n koekie is heerlik! Dis ideaal om saam met tee of koffie vir gaste voor te sit of bloot as ’n lekker happie te geniet.

Hier is die resep.

Sondag-gebak: Chorizobola-koek

chorizo bola cake

Bak hierdie Sondag iets sout soos hierdie chorizobola-koek. Sit dit warm met gesmelte botter of by kamertemperatuur voor. 

Hier is die resep.

 

LEES OOK:

10 fantastiese kookwenke vir jou prutpot

Blykbaar is dít die belangrikste gesinswaarde om jou kinders te leer

 7 goed wat jy gedink het jy weet van kosmaak

 

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
’n Eiervrug-geïnspireerde maaltydplan vir die week – en twee maklike nageregte

’n Eiervrug per dag laat die kardioloog wag!

Close