×
Skakel na Engels

Slyp solank jou mes en vurk vir vanjaar se Eat Out Mercedes-Benz-restaurantpryse

Maak gereed vir die kulinêre okkasie van die jaar
2017 Eat Out Mercedes-Benz-restaurantpryse

Die datum en venue vir vanjaar se Eat Out Mercedes-Benz-restaurantpryse is aangekondig en kosliefhebbers oor die land heen tel al die slapies tot hierdie spoggeleentheid af. Dit gaan op 19 November by Grand West in Kaapstad gehou word en kaartjies is hier beskikbaar.* Kaartjies is beperk en word gewoonlik vinnig uitverkoop.

Vanjaar se geleentheid gaan ietwat anders wee. Dit sal in drie dele geskied en ’n Oscars-gevoel hê: Gaste sal vooraf drankies en versnaperinge kan geniet, dan in die venue ingelei word waar die wenners aangekondig gaan word, en daarna sal ’n interaktiewe kos-en-wynparing volg met smullekker geregte wat deur bekroonde sjefs berei sal word. Gaste kan dan die res van die aand heerlik kuier, nog kos en goeie vermaak geniet, en selfs ’n bietjie dans. 

Die 2016 Eat Out Mercedes-Benz-restaurantpryse

Nog ’n verandering is dat daar vanjaar 30 benoemdes pleks van die gewone 20 sal wees. Daar sal van 20 tot 11 tydens die seremonie afgetel word, waarna die top-10 onthul sal word. “Ons is so opgewonde dat selfs meer restaurante vanjaar erkenning sal kry,” sê Aileen Lamb, die besturende direkteur van New Media wat Eat Out besit.

“Die bedryf verander so vinnig en daarom ontwikkel Eat Out so baie om gedurig nuwe maniere te vind om uitmuntende kos en eetplekke te vereer. Deur ’n meer internasionale aanslag te volg, kan ons Suid-Afrika se briljante kulinêre talent selfs meer help groei. En ons is verheug dat ons vennote soos Mercedes-Benz saam met ons op hierdie reis het.”

Abigail Donnelly, die redakteur van Eat Out en hoofbeoordelaar, tydens die 2016 Eat Out Mercedes-Benz-restaurantpryse

Dit is die vierde jaar dat Mercedes-Benz Suid-Afrika hierdie gesogte pryse borg. “As ’n handelsmerk streef ons altyd daarna om net die beste uit te soek, en ons is geweldig opgewonde daaroor om erkenning te gee aan plaaslike sjefs en restaurante in Suid-Afrika wie se kosskeppings jaar ná jaar die verwagtinge oortref,” sê Selvin Govender, die bemarkingsdirekteur van Mercedes-Benz-motors.

Die wenners word deur ’n paneel van vyf beoordelaars gekies. Eat Out se redakteur, Abigail Donnelly, lei die paneel, maar behalwe vir haar sal die ander beoordelaars anoniem bly, selfs nadat die toekenning geskied het.

Behalwe vir die 10 toprestaurante sal die volgende wenners ook aangekondig word: die Eat Out S.Pellegrino & Acqua Panna Sjef van die Jaar, Eat Out Retail Capital Nuwe Restaurant van die Jaar en die Eat Out Rising Star, asook die wenners van die nuwe Eat Out Graham Beck-sjefsprys, Eat Out-diensuitnemendheidsprys, Eat Out-wyndiensprys, Eat Out John Psillos-prys vir uitstaande bydrae tot dienslewering, Eat Out-stylprys en die Eat Out Woolworths-volhoubaarheidsprys.

Kaartjies kos R1 495 per persoon. Bespreek gerus by http://eatout.nutickets.co.za.

Vir navrae, e-pos awards@eatout.co.za of bel 021 417 1297. Besoek www.eatout.co.za vir nog inligting, volg @Eat_Out op Twitter en @EatOutGuide op Instagram, en “like” die Eat Out Facebook-blad, https://www.facebook.com/EatOutMag

* Kaartjies was beskikbaar teen die tyd dat ons hierdie artikel gepubliseer het.

FOTO’S EN HOOFFOTO: Met vergunning van MANGO-OMC

LEES OOK:

6 superkosse wat jy nie hoef te koop nie

6 geregte met ’n verrassende oorsprong

7 kosse om beter te slaap

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Nicole Kidman maak ’n kragtige stelling oor huishoudelike geweld in haar Emmy-toespraak

Met die aanvaarding van haar trofee vir "Big Little Lies" het Nicole na huishoudelike geweld as ’n "ingewikkelde, sluipende siekte"...

Close