×
Skakel na Engels

Slanker in net 3 stappe

Wenke en truuks om te probeer

 

In ’n poging om te sien watter dieettegnieke die beste werk, het navorsers aan die Fred Hutchinson Cancer Research Center in die VSA 123 oorgewig vroue vir ’n jaar lank gevolg terwyl hulle probeer gewig verloor het.

 

Dié eenvoudige stappe het uitgestaan:

 

1. Eet daagliks drie maaltye

Diegene wat nie maaltye oorgeslaan het nie, het 8 kg meer verloor as ander wat maaltye oorgeslaan het.

 

2. Hou dagboek van jou inname

Mense wat neergepen het wat hulle eet, het 6 kg meer verloor as dié wat nie dagboek gehou het nie.

 

3. Pak middagete in

Vroue wat hulle eie middagete ingepak het, het 5 kg meer verloor as diegene wat weekliks daarvoor uitgegaan het.

 

Hou by jou voornemens om terwyl jy eet, neer te skryf wat jy inneem pleks van om saans te probeer onthou wat jy alles die dag geëet het, stel dr. Anne McTiernan, die hoofnavorser, voor. 

 

Bron: Goeie Huishouding-tydskrif

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
20 maniere om gesonder en gelukkiger te leef

Hier's ’n plan vir elke dag om jou goedvoelbarometer dié maand die hoogte te laat inskiet. Wie weet, dalk leer...

Close